Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
Property for sale  

Helderberg
Front Page
News
  • Local
  • Business
  • Sport/Angling
  • Real Estate
  • Entertainment
  • Business Index
    Classifieds
    Forum
    Photo Gallery
    Tourism
  • Maps
  • Helderberg Info
    Lifestyle
  • Motoring
  • Gardening
  • Features
  • Contact Us
    News24
    Smalls24
     
    About Us Search Advertising
      Brought to you by:

    08/05/2008 02:23 PM - (SA)
    Klopjag-9 se saak uitgestel
    08-05-2008


    DIE saak teen die nege mense wat verlede week deur die polisie tydens 'n klopjag by 'n huis in Garden Village in hegtenis geneem is, na gesteelde goedere daar gevind is, is die afgelope Maandag tot Dinsdag 13 Mei uitgestel.

    Die klopjag is deur die plaaslike polisie uitgevoer, nadat daar inligting van die publiek ontvang is, dat daar na bewering heelwat gesteelde goedere by 'n huis in Gumstraat 4, geberg word.

    Volgens die polisie is die klopjag ook uitgevoer, nadat daar verskeie inbrake in Somerset-Wes plaasgevind het.

    Woonbuurte deurgeloop
    Die woonbuurte wat onder inbrake deurgeloop het, was Helderview, Sir Lowry's Pass en Land-en-Zeezicht.

    Vyf van die mense wat tydens die klopjag in die huis in hegtenis geneem is, is op borgtog vrygelaat.

    Die hof het borgtog aan Gerswin Basson, Adriaan Jaars, Clement Philander en Godfrey Arries geweier.

    Georgina Basson, die ma van Gerswin Basson, het sy R500 borgtog betaal, terwyl Sandile Zowethu, Wilmack Kammies, Keith Dampies en Daren Naidoo op eie verantwoordelikheid vrygelaat is.




    Back to top     Back to top

    © Tel. (021) 853-0211 Fax. (021) 853-0234

    2003 Somerset Press (Pty) Ltd on all information and photographs.