Zoë Beyers, die veel bekroonde Suid-Afrikaanse violis wat in Londen woon, sal op 30 November in haar geboortedorp, Stellenbosch, optree in die Huberte Rupert-gedenkkonsert.
Zoë, wat 'n beurshouer van die Rupert Musiekstigting was en altyd die besondere belangstelling van wyle mev. Rupert geniet het, is tans die onderleier van die eerste viole in die Scottish Chamber Orchestra.
Zoë Beyers tree saam met die Kaapse Filharmoniese orkes op onder die stok van Owain Arwel Hughes in die Somerfeesseisoen van die orkes. Die program sluit af met Sibelius se Simfonie no 2 in D op 43. Dit is die tweede Huberte Rupertgedenkkonsert waar presterende Suid-Afrikaanse kunstenaars geleentheid kry om in die Somerfeesseisoen van die Kaapse Filharmonie op te tree.
Besprekings vir hierdie konsert is deur Computicket.