24/01/2008 12:04 PM - (SA)
Soli en Chris tussen die hoenders
25-01-2008
Twee groot name kuier eersdaags in Die Hoenderhok: op 13 Februarie is Hotnotsgot met Soli Philander aan die beurt.
Hotnotsgot is in antwoord op die groot issues van die samelewing - mishandeling van vroue en kinders, bendes, ons oues van dae, dobbelsiektes en geloof.
Op 10 Maart is Chris Chameleon terug tussen die hoenders. Kaartjies kos onderskeidelik R140 en R145 (ligte ete ingesluit). Bespreek by (021) 906-4636.