DIE BOER Teaterrestaurant in Durbanville kook die volgende paar weke met van die land se voorste kunstenaars wat daar optree.
Klets, klawer en kitaar, met Valiant Swart, PG du Plessis en Ollie VIljoen, is tot 8 Februarie op die planke.
Van 9 tot 14 Februarie is Jak de Priester aan die beurt. Kaartjies vir sy vertoning, Net 'n bietjie liefde vir die langpad, kos R110 en die vertoning begin om 20:30.
Emo Adams se album, Tall, Dark & Afrikaans is onlangs uitgereik en deesdae sing oud en jonk lustig saam met sy liedjies Gums Kawielie Wams en Die Nuwe Oukraalliedjie - 'n interessante verwerking van die oue deur Emo en David Kramer.
Jy kan hom op die verhoog sien by Die Boer van 20 tot 22 Februarie. Kaartjies kos R70 elk. Bespreek by (021) 979-1911.