Een van Suid-Afrika se voorste tenore, Jannie Moolman, gaan op 8 en 9 Januarie by die Oude Libertas-amfiteater in Stellenbosch optree.
In dié vertoning, L'Hymne L'Amour, gaan hy onder meer liedjies van sy nuutste album, "Ek kom huistoe" sing.
Aanhangers kan uitsien na gunstelinge soos "L'hymme l'amour", "Parisian walkways", "Want ek hou van jou" en "Nessun Dorma".
Sy orkes bestaan uit Annake de Villiers (viool), Deveroux van der Hoven (klavier), Mauritz Lotz (kitaar), Theo Klassen (baskitaar) en Rob Watson (dromme).
Jannie Moolman het verskeie toekennings deur die jare ontvang: Die FNB Vita Life Toekenning vir die mees belowende sanger vir die rol van Arturo in Lucia di Lammermoor (1992) en die State Theatre/SAA Opera Foundation Toekenning (1993). Jannie kom tweede in die Marsala Internasionale Sangkompetisie in Italië en ontvang ook die the FNB Vita Life Toekenning vir die beste uitvoering deur 'n manlike sanger (1997).
Kaartjies kan bespreek word by Computicket of die Oude Libertas-kaartjieskantoor by (021) 809-7473.