Error processing SSI file
|
|
|
21/02/2008 10:51 AM - (SA)
David Kramer
22/02/08
Die bekroonde sanger David Kramer gaan op 27, 29 Februarie, 1 en 2 Maart liedjies van sy nuutste album Hemel en Aarde by die Oude Libertas-am-fiteater op Stellenbosch uitvoer. Dit is amper 30 jaar sedert hy vir die eerste keer in die Oude Libertas-amfiteater opgetree het. David sê: "Dit was in my begindae as sanger/liedjieskrywer en ek is genooi om op te tree in die vertoning 'Musiek en Liriek'. Ek is steeds net so opgewonde om voor die bougainvillea onder die sterre op te tree." Dié konserte sal die eerste geleentheid wees om die nuwe liedjies op sy 14de album, uit te voer. Die musikante wat David gaan onder-steun, is Gammie Lakay, Howard Links, Danny Petersen, Camillo Lom-bard, Kerryn Torrance, Ruth Marley en Elspeth Davids. Kaartjies kan bespreek word by Computicket, www.computicket.com of die Oude Libertas-kaartjieskantoor by (021) 809- 7473. Die vertoning begin om 20:15 en kaartjies kos tussen R105 en R125.
 |
Back to top
|
© Tel. (021) 853-0211 Fax. (021) 853-0234
2003 Somerset Press (Pty) Ltd on all information and photographs.
|
|
 |