Die Klein Libertas Teater op Stellenbosch is van 3 tot 9 Maart 'n miernes van bedrywighede met verskeie Woordfees-produksies. Vir meer inligting oor besprekings en die Woordfeesprogram, gaan loer by www.woordfees.co.za.
Op 3 Maart om 18:00 is Die Francois Toerien Show (R70) daar; om 20:00 Distell Hardop (R30); op 4 Maart om 18:00 is Daar leef mense daar (Athol Fugard) (R70) op die planke en om 21:00 is Die Francois Toerien Show (R70) terug.
Op 5 Maart om 18:00 is Daar leef mense daar, terug; om 21:00 is The Dog's Bollocks (R65) aan die beurt, op 6 Maart om 20:00 Troebatoer (R80) en op 7 Maart om 18:00 is Ella se Perde (R70) en om 21:00 Bafana Republic (R65) op die planke.
Op 8 Maart om 10:00 is Die Francois Toerien Show (R70); om 12:30 'n Venster vol Son (R70); om 15:00 is Ella se Perde (R70); om 18:00 is The Dog's Bollocks (R65) terwyl Bafana Republic (R65) om 21:00 weer terug is. Op 9 Maart om 11:00 is 'n Venster vol Son (R70) en om 17:00 is Ella se Perde (R70) weer daar.
Op 12 Maart is Willem Welsyn en die Sunrise Toffies om 20:15 op die verhoog. Kaartjies kos R30 elk en besprekings kan by (021) 883-8164 gedoen word. Hulle naam mag miskien te lank of obskuur of dalk te kinderlik klink, maar met hulle musiek is daar niks fout nie. Hulle het onlangs hulle derde album, Kompos en Kraaie, opgeneem met die hulp van Tim Rankin en Schalk van der Merwe.