Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
 

Error processing SSI file
Front Page
News
  • Local
  • Business
  • Sport/Angling
  • Real Estate
  • Entertainment
  • Business Index
    Classifieds
    Forum
    Photo Gallery
    Tourism
  • Maps
  • Helderberg Info
    Lifestyle
  • Motoring
  • Gardening
  • Features
  • Contact Us
    News24
    Smalls24
     
    About Us Search Advertising
      Brought to you by:

    28/02/2008 11:40 AM - (SA)
    Borgskap maak program se musiek toeganklik vir gehoorgestremdes
    29/02/08


    'n BORGSKAP van Oticon maak dit vanjaar moontlik vir gehoorgestremdes om tydens die US Woordfees in Stellenbosch na die musiekvertoning, Dagboek van 'n Swerwer, te luister.

    Dié produksie, soos opgevoer deur Jannie du Toit, Anna Davel, Christa Steyn en Douw Steyn, bevat voorheen ongepubliseerde lirieke en digwerk van Koos du Plessis soos saamgevat in die bundel, Erfdeel. Bekende Afrikaanse komponiste soos Coenie de Villiers, Lize Beekman en Laurinda Hofmeyr asook lede van die verhooggroep, het van die gedigte getoonset.

    Aanvanklik is daar beplan om slegs een lied in die vertoning in gebaretaal op te voer om dit bietjie meer toeganglik vir gehoorgestremdes te maak, maar met die samewerking van die Nasionale Instituut vir Dowes (NID) en die Nasionale Raad vir Persone met Liggaamlike Gestremdheid (NCPPDSA) is die produksie nou toeganklik vir gehoorgestremde gehoorlede deur middel van 'n lus-sisteem.

    Dagboek van 'n Swerwer is tydens die Woordfees op Donderdag 6 Maart om 18:00 by die Japie Krige-saal te sien. Kaartjies by Computicket.




    Back to top     Back to top

    © Tel. (021) 853-0211 Fax. (021) 853-0234

    2003 Somerset Press (Pty) Ltd on all information and photographs.

     

      The