Anton Goosen vier sy 31ste jaar in die musiekbedryf met die vertoning Anton Goosen Unplugged op 16 Maart om 18:00 by die Oude Libertas-amfiteater op Stellenbosch.
In dié vertoning speel hy sy grootste treffers en vier hy musiek op sy gemaklike manier wat al soveel skares gewen het.
Anton se eerste album in 1979, Boy van die Suburbs, was die eerste Afrikaanse album ooit deur 'n sanger wat sy eie liedjies in Afrikaans geskryf het en sy "Blommetjie-gedenk-aan-my" word algemeen beskou as die eerste rocksong in Afrikaans.
Kaartjies kan bespreek word by Computicket of die Oude Libertas-kaartjieskantoor by (021) 809-7380.