DIT woel by Die Boer in Durbanville hierdie Paasnaweek. Emile Minnie kuier op 20 Maart in sy vertoning, Nagmusiek en kaartjies kos R60.
Emile Minnie word deur Laurika Rauch beskryf as een van SA se top liedjieskrywers. Sy het drie van Emile se liedjies op haar nuwe album opgeneem, en resensente is dit eens dat Emile se liedjies absoluut puik is. Emile stel nou sy derde Afrikaanse album, "Nagmusiek" bekend.
Op 21 en 22 Maart is Koos Kombuis op die verhoog. Kaartjies kos R80. Hierdie legende het geen bekendstelling nodig nie. Koos Kombuis spot lekker met homself as "middeljarige suburbian familieman", maar Koos sal op sy oudag in sy rystoel sit en steeds sal sy musiek voortleef.
Soos goeie rooiwyn (waarvoor Koos baie lief is) verouder dié kunstenaar besonders goed.
Ander hoogtepunte hierdie naweek sluit onder meer vir Hugo en MD Greyling in op 23 Maart; Jannie en die Tannie met Jannie du Toit en Christa Steyn op 26 Maart (R80); en Southern Gypsey Queen op 27 en 28 Maart (R70).
Op 29 Maart is Boulevard Blues en gaste aan die beurt (R70) en van 2 tot 7 April is dit tyd vir kinderteater, met Babelela (R40) en ook op 2 en 6 April is Frank Opperman in Wyk 14 - die opvolg van die gewilde Pottie Potgieter (R80).
Bespreek vir vertonings by (021) 979-1911 of loer by www.dieboer.com vir meer inligting.