|
|
|
03/04/2008 12:55 PM - (SA)
Groot jolyt by Klein Libertas
04/04/08
BY die Klein Libertas Teater in Stellenbosch op 5 April is die bands, Tidal Waves, The Rudimentals en 7th Son van 18:00 op die planke. Pryse, gratis CDs en skemerkelkies teen spesiale pryse, sal die regte stemming vir die musiek skep.
Op 10 April is Frank Opperman terug met die opvolg-komedie van die gewilde Die Uwe... Pottie Potgieter, die skreeusnaakse Wyk 14. Die vertoning begin om 20:15 en kaartjies kos R100. Bespreek by (021) 883-8164. In Wyk 14 vertolk Frank weer die rol van Pottie Potgieter, die werklose man. Pottie is steeds werkloos, maar in die stuk, geskryf deur Dana Snyman, besluit Pottie om as onafhanklike kandidaat aan 'n munisipale wyksverkiesing deel te neem. Hy stel sy saak en probeer terselfdertyd sy vrou, Maggie, wat in Saudi-Arabië werk, terug Suid-Afrika toe lok.
 |
Back to top
|
© Tel. (021) 853-0211 Fax. (021) 853-0234
2003 Somerset Press (Pty) Ltd on all information and photographs.
|
|
 |