Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
 

Helderberg
Front Page
News
  • Local
  • Business
  • Sport/Angling
  • Real Estate
  • Entertainment
  • Business Index
    Classifieds
    Forum
    Photo Gallery
    Tourism
  • Maps
  • Helderberg Info
    Lifestyle
  • Motoring
  • Gardening
  • Features
  • Contact Us
    News24
    Smalls24
     
    About Us Search Advertising
      Brought to you by:

    10/04/2008 01:29 PM - (SA)
    Kry jou springmielies vir eerste Wynland Filmfees
    11/04/08


    Die eerste Kaapse Wynlandfilmfees vind vanaf 18 tot 26 April op Stellenbosch plaas. Volgens die feesdirekteure, Leon van der Merwe en Karen Meiring, gaan daar ongeveer 92 films by die fees vertoon word met die Oude Libertas-amfiteater as feeskern, saam met sewe ander venues. Die filmfees vind plaas in samewerking met M-Net en die Franse ambassade.

    "Behalwe dat ons 'n venster op wêreldfilm (world cinema) wil gee, probeer ons ook om die Suid-Afrikaanse filmkykersgetalle te stimuleer en te bevorder," sê Leon van der Merwe. Bekendes by die fees sluit in die Taiwanese filmregisseur Huang Yu-shan en die Brasiliaanse filmregisseur Sandra Kogut, wie se film Mutum ook by die fees vertoon word. En 'n groot hoogtepunt is die teenwoordigheid van die Suid-Afrikaans gebore regisseur Heinrich Dahms, wat bekendheid verwerf het vir sy film, Dune Surfer (1988). Sy nuutste film, Overleven, sal op die fees vertoon word.

    Die filmprogram sluit flieks in die volgende kategorieë in:

    World Cinema: As it is in heaven (Sweeds), Room to Rent (Egipte), Syndromes and a Century (Thailand), en Mutum uit Brasilië.

    Eco Cinema: 'n Dokumentêr oor die Kaapse brand genaamd Mountain of Ashes, en 'n Afrikaanse film Medisynesak.

    Music in Film: La Vie en Rose, La France

    Food on Film: The Feast

    Cinema of Conscience: Oscarbekroonde dokumentêr, Taxi to the Darkside en ook 'n Oscar genomineerde documentêr Vote for Me.

    Suid-Afrikaanse premieres: At Thy Call deur Christopher Lee dos Santos, 'n Roos vir Mari deur Louis du Toit.

    Rolprente van 'n spesifieke land: Vanjaar val die fokus op Frankryk: The King and the Mockingbird is 'n animasiefilm wat op kinders gerig is, Jacquot de Nantes, Games of Love and Chance, Humanity en die briljante film A time to Leave.

    Rolprentmakers sal ook meeding om die Cape Winelands World Cinema Toe-kenning, die Cape Winelands Dokumentêre Toekenning en Cape Winelands Kortfilm Toekenning, en daar sal ook 'n Gehoortoekenning gemaak word.

    Die filmfees gaan ook hulde bring aan die rolprent- en teaterregisseur, Ingmar Bergman, wat onlangs op 89-jarige ouderdom oorlede is.

    Die volgende Bergman-flieks gaan onder meer vertoon word: Saraband, Fanny and Alexander, Smiles of a Summer Night, Wild Strawberries en Persona.

    Die ander venues waar die films vertoon gaan word is die Neelsie se twee rolprentteaters, Protea Hotel Dorpshuis, JC le Roux Ouditorium, HB Thom-teater, Ikaya Trust Sentrum, Kayamandi en die Oude Libertas se ouditorium. Besprekings kan reeds landwyd by Computicket gemaak word. Vir meer inligting, bel Jana Hattingh by die Oude Libertas Amfiteater by (021) 809-7380 of e-pos jana@oudelibertas.net.




    Back to top     Back to top

    © Tel. (021) 853-0211 Fax. (021) 853-0234

    2003 Somerset Press (Pty) Ltd on all information and photographs.

     

      The