Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
 

Helderberg
Front Page
News
  • Local
  • Business
  • Sport/Angling
  • Real Estate
  • Entertainment
  • Business Index
    Classifieds
    Forum
    Photo Gallery
    Tourism
  • Maps
  • Helderberg Info
    Lifestyle
  • Motoring
  • Gardening
  • Features
  • Contact Us
    News24
    Smalls24
     
    About Us Search Advertising
      Brought to you by:

    19/06/2008 01:31 PM - (SA)
    Oubaas stal by Rialto uit
    20/06/08


    OUBAAS SCHOLTZ van die Strand stal tot 30 Junie by Rialto Kunssentrum in Millsstraat in die Strand uit. Die gallery is Maandag tot Saterdag oop vir die publiek.

    Sy werke op uitstalling is meestal oliewerke en hy werk oor 'n wye tema. Hy geniet veral portretstudies van etniese groepe en die natuur.

    "Mense, huisies en veral die verskillende nasies, tale en gewoontes, bly my gunstelinge," vertel hy.

    Hy vertel dat hy op skool kuns geneem het, maar dit later verwaarloos het weens werksomstandighede.

    In 1994 verhuis hy na Durban en dis hier waar die kreatiwiteit hom weer beetgepak het. Hy skryf in by 'n kunsskool en ontvang vir drie jaar onderrig by Rita Wilkes. Toe hy in 2002 na die Strand verhuis, het hy voltyds begin skilder.

    Gogga behoorlik begin byt
    "Die gogga het my toe behoorlik gebyt en van my werke is al uitgestal in gallerye op Somerset-Wes, Franschhoek en Kleinmond en ek het ook al werke gehad wat deel was van die Vuleka Kunsuitstalling in Bellville."

    Oubaas gebruik olie as medium en skilder verskeie temas, maar die natuur lê hom besonder na aan die hart.

    Bel die Rialto Kunssentrum by (021) 853-8061 vir meer inligting oor die uitstalling.




    Back to top     Back to top

    © Tel. (021) 853-0211 Fax. (021) 853-0234

    2003 Somerset Press (Pty) Ltd on all information and photographs.

     

      The