DORPSTRAAT Restaurantteater op Stellenbosch is die ideale plek om te wees op koue wintersaande. Die teater se program vir die komende maand is vol lekker vertonings. Alle vertonings begin om 20:30 tensy anders aangedui.
Op 15 Julie kuier F-Jay daar (kaartjies R50), Skallabrak is op 18 Julie aan die beurt en Guy Buttery kuier op 22 Julie op die Dorpstraat-verhoog. Mathys Roets is die gas op 23 Julie (R100), Klopjag die 24ste (R60), Dave Ferguson op die 26ste (R50) en Rocco de Villiers in Concert op 28 Julie beloof ?n wenner te wees (R100). Ollie Viljoen, Valiant Swart en die Mystic Boere Orkes kuier op 30 Julie daar (R120) en Desmond Wells sluit die maand af op 31 Julie (R45).
Nog hoogtepunte
In Augustus wag nog hoogtepunte op teatergangers, soos Gian Groen, Ryno Velvet, Jak de Priester en Emile Minnie.
Bespreek by (021) 886-6107.