Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
 

Helderberg
Front Page
News
  • Local
  • Business
  • Sport/Angling
  • Real Estate
  • Entertainment
  • Business Index
    Classifieds
    Forum
    Photo Gallery
    Tourism
  • Maps
  • Helderberg Info
    Lifestyle
  • Motoring
  • Gardening
  • Features
  • Contact Us
    News24
    Smalls24
     
    About Us Search Advertising
      Brought to you by:

    24/07/2008 02:13 PM - (SA)
    Groot stank teister Rusthof
    25-07-2008


    DIE gemeenskap van Rusthof gaan gebuk onder 'n groot stank, wat hulle die afgelope twee weke teister. Die stank kom glo van 'n sloot wat in Onverwachtstraat geleë is.

    Volgens inwoners in die woongebied en onderwysers van Senior Sekondêre Skool Strand, het die slegte reuk hulle verlede Vrydag getref.

    Verskeie mense het die stadsraad van Kaapstad gebel om na die probleem om te sien, maar hulle is meegedeel dat daar eers oor twee weke aan die situasie aandag geskenk sal word.

    Die reuk was ook 'n groot verleentheid vir die skool, wat die afgelope naweek Engelse gaste gehad. Hulle het teen die Hoërskool Rygate van Engeland rugby gespeel en daarna is die besoekers by die skool onthaal, waar die slegte reuk 'n demper op verrigtinge geplaas het.

    Elizabeth Farmer, een van die senior onderwysers by die skool, sê die leerders kla elke dag oor die ondraaglike stank wat oor die skool hang. Sy sê hulle vrees dat mense kan siek word.

    Ds. Mark Arendse, leraar van die plaaslike VGK-gemeente, het gesê dit is onaanvaarbaar dat mense so behandel word. Hy sê die reuk is ondraaglik en die raad moet iets daaraan doen.

    Verilyn Swart van 12de Straat, wat naby die grootste stank bly, sê die reuk is so erg dat hulle nie saans kan slaap nie. Mev. Swart vertel dat verskeie mense al die stadsraad oor die probleem gebel het, maar niks word gedoen nie. Sy sê soos dit vir haar lyk, gaan hulle nog lank met die probleem sit.

    Onaanvaarbaar
    Xolani Sotashe, ANC-raadslid vir die gebied, sê dit is onaanvaarbaar dat die raad eers oor twee weke na die probleem gaan omsien.

    Hy het onderneem om dadelik met die betrokke amptenare asook die stadsbestuur oor die saak te praat.

    Hulle sal ook verslag aan hom moet doen oor waar die stank reuk vandaan kom.




    Back to top     Back to top

    © Tel. (021) 853-0211 Fax. (021) 853-0234

    2003 Somerset Press (Pty) Ltd on all information and photographs.

     

      The