|
|
|
24/07/2008 03:17 PM - (SA)
Teaterfees by Baxter gehou
250708
VLEIS, Rys & Aartappels Teater bied eersdaags 'n feesmaal van hoogtepunte van die bekroonde Stellenbosse produk'siehuis se werk vir die eerste keer in Kaapstad van 29 Julie tot 15 Augustus by die Baxter Teater in Kaapstad. Van die produksies sluit in, Lang dagreis na die nag, André P. Brink se vertaling van O'Neill se Long days Journey into night met Marius Weyers, Antoinette Kellermann en Stian Bam; 'n Ander Tongval, die verhoogverwerking van Antjie Krog se roman met Nina Swart, Antoinette Kellermann en Mpho Masilela; Boks met Neels van Jaarsveld en Quentin Krog, die vertaling van Cock and Bull Story; Smag, die verta?ling van Crave deur Sarah Kane met Nicola Hanekom, Erica Wessels, Eben Genis en Toast Coetzer; Die Joseph & Mary Affair deur Ilse Oppelt en Malan Steyn, 'n komiese en eerlike blik op godsdiensverskille, liefde, en 'n gemeenskaplike strewe na medemenslikheid en vele meer is op die program.
Bespreek by Computicket.
 |
Back to top
|
© Tel. (021) 853-0211 Fax. (021) 853-0234
2003 Somerset Press (Pty) Ltd on all information and photographs.
|
|
 |