"VIVA DIE GOLF" skryf:
Hennie Taljaard van die Strand se skrywe in DistriksPos het my aandag dadelik vasgegryp. Dit is reg in die kol!
Ek stem geheel-en-al saam met sy waarnemings. Ons kan ook die inkomste verreken wat deur die parkeermeters gegenereer word.
Dit moet 'n aardige bedrag beloop en dit sal baie interessant wees om te verneem, hoeveel dit jaarliks beloop en wat met daardie kontantgeld gedoen word.
Verder kan ek ook nie anders as om ons toetsgronde te noem nie. Hier in Victoriastraat is 'n bruikbare fasiliteit, maar dit staan vir baie maande al leeg terwyl dit 'n lewenstryd is om by die Gordonsbaai toetsgronde gehelp te word.
Ons betaal jaarliks R30 per motorlisensie vir transaksie?fooie. Wat word van daardie kon?tantgeld? Die brief "This city works for you" deur Hans Poot is ook in die kol en kennend van waarmee ons Helderbergers verlief moet neem en ons moet dit nie verder duld nie. Ons moet die Meksikaanse golf aan die werk kry sodat dit na 'n kruisie op die stembrief kan verander!
Die Stad Kaapstad gebruik die Helderberg vir hul eie reklama en kan eenvoudig nie bekostig om van ons ontslae te raak nie.
"Hierdie stad werk vir jou" is 'n klug sinsnede wat onwaar is en nie vir my werk nie!