Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
Country Craftmarket.  

Helderberg
Front Page
News
  • Local
  • Business
  • Sport/Angling
  • Real Estate
  • Entertainment
  • Business Index
    Classifieds
    Forum
    Photo Gallery
    Tourism
  • Maps
  • Helderberg Info
    Lifestyle
  • Motoring
  • Gardening
  • Features
  • Contact Us
    News24
    Smalls24
     
    About Us Search Advertising
      Brought to you by:

    03/07/2008 11:08 AM - (SA)
    Baie dankie
    04/07/08


    "DANKBARE MA" van Strand skryf:
    Graag wil ek langs hierdie weg namens my familie en myself, ons opregte dankbaarheid uitspreek teenoor vriende, kennisse en familie vir die oorweldigende ondersteuning wat ons ontvang het tydens my dogter se erg traumatiese ervaring toe sy voor ons woonstel-kompleks ontvoer en beroof is tydens April hierdie jaar.

    Ons wil ook graag die jong man bedank wat hom oor my dogter ontferm het, deurdat hy saam met haar gestap het na veiligheid, asook die petroljoggie by die Engen-motorhawe op die N2, wat sy selfoon aan haar geleen het sodat sy my kon skakel.

    Dan wil ek my waardering uitspreek teenoor Raadslid Dave Venter vir sy spoedige terugvoer op my skrywe, asook Freddie van Sittert van DistriksPos wie met baie deernis na die storie geluister het, voordat dit geplaas is.

    Dit is werklik verblydend om te sien hóé baie mense nog omgee vir hulle medemens, teenoor diegene wat òf nie betrokke wil raak òf wat genot daaruit put om die storie as blote versinsel af te maak deur anonieme oproepe na die koerant te maak.

    Hoewel so 'n ondervinding 'n mens nog lank sal bybly, gaan dit al heelwat beter aangesien beide van ons vir berading gegaan het.

    Alle mense, oud en jonk, is verantwoordelik vir hul eie veiligheid, dus hoop ons hierdie insident sal as waarskuwing dien dat ons almal baie meer paraat moet raak.

    CAREN BOTHA van die Strand skryf :
    Ek wil graag my opregte dank uitspreek aan die Helderberg Hospitaal se Fisio-afdeling en by name Katy, ongelukkig ken ek nie haar van nie.

    Baie dankie vir die hoogs professionele diens wat ek hier ontvang het en wat gehelp het om my op die pad van herstel te plaas. Ek het nie woorde om my dankbaarheid uit te spreek nie.

    Danksy julle het ek nou 'n beter lewens?kwaliteit.

    BURRIE VAN ZYL skryf:
    Hiermee wil ek almal wat my met Ina se heengaan op 18 Junie ondersteun het, hartlik bedank. Dankie vir al die telefoonoproepe, SMS'e, handdrukke, besoeke en bydraes in die vorm van kaartjies, blomme en voedsel.

    Ek is oorweldig deur en dankbaar vir die ontsaglike groot ondersteuning en liefde wat ek van almal ontvang net. Ook wil ek ons Hemelse Vader, wat Ina vir 40 jaar aan my geleen het, van harte bedank vir die tyd wat ons kon deel en vir al die gelukkige tye.

    "MARIETJIE" van die Strand skryf:
    Vandag het ek sommer 'n trollievol ruikers om uit te deel. Die grootste een gaan aan Juanita by Cape Union Mart. Verlede Dinsdag het ek vinnig met 'n volgelaaide trollie daar gestop om na iets te kyk. Juanita het my aangeraai om my trollie in te trek, maar ek het van beter geweet. Terwyl sy my gehelp het, het 'n man haar gevra omtrent 'n ander winkel in die Mall en is daar weg. Toe ek die volgende oomblik opkyk was my trollie weg. Sy was opmerksaam en het presies geweet hoe die man gelyk het en is soos 'n wafferse atleet na die winkel waarheen sy hom verwys het. Na 'n ruk het sy onverrigtersake teruggekom.

    Sy het nie moed verloor nie en is saam met my na sekurititeit. Daar was hulle ook baie behulpsaam om ons trollieman op te spoor, maar die videos het niks opgelewer nie. Om 17:55 het Juanita my weer gebel om te sê dat hulle nog nie nuus vir my het nie. Die volgende oggend kort na 09:00 bel sy my met die goeie nuus dat die trollieman eers by sy huis (omtrent 160 km hiervandaan) sy fout agtergekom het en dat hy my sou bel.

    Hy het ook sy telefoonnommer gelaat.

    Sal dit nie 'n wonderlike wêreld gewees het as almal so hulpvaardig, vriendelik en ook eerlik sou wees as al die mense wat my pad op dié Dinsdag gekruis het nie?




    Back to top     Back to top

    © Tel. (021) 853-0211 Fax. (021) 853-0234

    2003 Somerset Press (Pty) Ltd on all information and photographs.