Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
Country Craftmarket.  

Helderberg
Front Page
News
  • Local
  • Business
  • Sport/Angling
  • Real Estate
  • Entertainment
  • Business Index
    Classifieds
    Forum
    Photo Gallery
    Tourism
  • Maps
  • Helderberg Info
    Lifestyle
  • Motoring
  • Gardening
  • Features
  • Contact Us
    News24
    Smalls24
     
    About Us Search Advertising
      Brought to you by:

    10/07/2008 11:55 AM - (SA)
    'Diens by HHH was skokkend'
    110708


    "GESKOK" van Somerset-Wes skryf: My 83-jarige ouma het op 13 Junie geval en haar heup gebreek. Sy het die nag in die ouetehuis se siekeboeg deurgebring en is die volgende oggend na Hottentots-Holland Hospitaal vervoer. 'n Personeellid van die ambulansdiens kon dadelik sien dat sy inderdaad haar heup gebreek het.

    Dit is vanselfsprekend dat sy baie pyn ervaar het. "GESKOK" van Somerset-Wes skryf:

    Sy het van 10:30 tot 13:15 by die hospitaal se ongevalle-afdeling op 'n trollie gelê, voordat 'n dokter haar ondersoek het.

    Hy het gesê dat sy X-strale nodig het, maar dat die X-straalafdeling op middagete is en eers om 16:00 sal terug wees.

    Ons het maar net daar gewag; niemand het eens vir haar 'n glas water (of vir my 'n stoel om op te sit) aangebied nie. Ná 17:00 het hulle uiteindelik X-strale van haar heup geneem en bevestig dat dit wel gebreek is.

    Intussen het sy 'n hele paar keer opgebring en haarself natgemaak.

    Niemand het aangebied om te help nie; ek het self 'n bakkie gaan soek waarin sy kon opbring en dit telkens gaan uitspoel. Aangesien sy in baie pyn was, kon ek haar nie beweeg nie; 'n verpleegster het eers om 21:00 vir haar 'n kateter ingesit.

    Om 21:30 het sy vir die eerste keer daardie dag pynmedikasie ontvang.

    Om 22:00 het 'n ambulans uiteindelik daar aangekom om haar na Tygerberg Hospitaal te vervoer.

    Die (gebrek aan) diens wat my ouma ontvang het, het my stomgeslaan.

    Verder is die hospitaal in 'n haglike toestand: daar was byvoorbeeld bloed teen die mure. Artikel 27(1)(a) van die Grondwet waarborg elke persoon se reg op toegang tot mediese dienste; ongelukkig word dié reg (veral bejaardes s'n) nie voldoende gerealiseer nie.




    Back to top     Back to top

    © Tel. (021) 853-0211 Fax. (021) 853-0234

    2003 Somerset Press (Pty) Ltd on all information and photographs.