Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
 

Helderberg
Front Page
News
  • Local
  • Business
  • Sport/Angling
  • Real Estate
  • Entertainment
  • Business Index
    Classifieds
    Forum
    Photo Gallery
    Tourism
  • Maps
  • Helderberg Info
    Lifestyle
  • Motoring
  • Gardening
  • Features
  • Contact Us
    News24
    Smalls24
     
    About Us Search Advertising
      Brought to you by:

    22/11/2007 12:22 PM - (SA)
    Ford Ikon bring familiewaardes terug!
    221107


    TOT in die sestigerjare was Jan Alleman se keuse 'n Ford, 'n Chev of 'n Volkswagen Kewer. Wat daarna gebeur het, is reeds geskiedenis: Dit was amper so-iets soos die Tweede Wêreldoorlog wat effens anders verloop het want die Duitse en Japanese het op die ou end die stryd gewen - ten minste op die motormark - terwyl die eens magtige Britse motorvervaardigingsektor feitlik van die toneel verdwyn het. Die nuwe eeu - met al sy politieke en ekonomiese hervorming - het in Suid-Afrika ook dinge laat gebeur wat party mense in hulle grafte gaan laat omdraai!

    Wie sou in 1990 kon dink dat ons Indiese Ford motors, toegerus met enjins wat in Port Elizabeth vervaardig is, plaaslik sou kon koop. Of die Ford Ka, gebou in Spanje, ook toegerus met ons plaaslike enjins!

    Die Ford Ikon laat my dink aan 'n herrysde weergawe van die Ford Cortina wat in 1962 by ons vrygestel was met sy groot kattebak en die slagspreuk "waarde vir geld."

    Die nuwe Ikon het ook 'n besonder ruim kattebak en die pryse vir die verskillende modelle is beslis ook reg.

    Een verskil is egter dat die Cortina skaars bekend gestel was of Colin Chapman se manne het met vuurwarm-weergawes soos die Lotus-Cortina die renbane aan die brand gery. Of daar só met die Ikon se enjin getoor kan word, weet ek nie.

    Familiemotor by uitstek
    U het reg afgelei; die Ikon is Ford se familiemotor by uitstek; 'n familimotor wat plek bied aan vyf volwassenes met genoeg plek vir hulle bagasie sonder om 'n Ventertjie te sleep.

    Die 1,4 liter enjin, wat 61 kW ontwikkel en gekoppel is aan sy vyfgangratkas stel die Ikon in staat om ?n maksimum snelheid van 176 km/h te bereik.

    Dit geskied nou nie so vinnig soos sommige dit sou wou hê nie, want die versnellingstyd van 0-100 km/h neem meer as dertien sekondes wat in vandag se terme, net-net aan die minimum-standaarde voldoen.

    Maar daar is genoeg van hierdie soort kopers om die klein 1.4-model se verkope lonend te maak.

    Onder hulle tel ook wederhelfte wat uit 'n tradisionele "Ford-familie" kom en heeltemal tevrede is met die werkverrigting en afwerking.

    Sy was onder andere ook beïndruk met die feit dat selfs hierdie mees basiese model met al die jongste elektroniese veiligheidskenmerke toegerus is; daar is sentrale afstandsbeheerde elektroniese sluiting, die syvensters word almal elektries beheer en, belangrik vir die somer, lugreëling.

    Op die veiligheidsfront is daar ook twee lugsakke voor en is die Ikon met ABS-remme toegerus om 'n veilige stop in 'n noodtoestand te verseker. Dit is omtrent al die eienskappe wat 'n gemiddelde motoreienaar met 'n gesin van 'n motor verwag.

    Ford se teikenmark is dus goed gekies met hierdie model. (Maar moet nou net nie dink dat Ford nét motors vir die massamense maak nie; moenie vergeet van Ford se haastige Focus-modelle nie en die feit dat die Volvo S40 ook maar 'n Ford is nie!).

    Die Ikon 1.4 het genoeg krag om by die wispelturige, vinnige oggend- en middagverkeer by te ou - by gesê indien die ratkas vryelik gebruik word om die meeste wringkrag teen hoër enjintoere te lewer.

    Volgens Ford kan 'n brandstofverbruik van gemiddeld 7,6 liter/100 km verwag word as die gemiddelde vir stadverkeer en langpad-ry in ag geneem word.

    Teen R125 000 is die 1.4 Ikon reg geprys en bied hy uitstekende waarde vir wat jy kry.

    Daar is egter ook alternatiewe: Vir beter verrigting is daar die 1,6 liter met wakker werkverrgting (R138 000) en die 1,4 liter turbodiesel (van Peugeot) wat 'n super suinige verbruik het en vir R144 990 sy buiging maak.

    Vriende van die Blou Ford Ovaalteken het weereens die kans om terug te keer na die eens legendariese vervaardiger se produkte!




    Back to top     Back to top

    © Tel. (021) 853-0211 Fax. (021) 853-0234

    2003 Somerset Press (Pty) Ltd on all information and photographs.