Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
 

Error processing SSI file
Front Page
News
  • Local
  • Business
  • Sport/Angling
  • Real Estate
  • Entertainment
  • Business Index
    Classifieds
    Forum
    Photo Gallery
    Tourism
  • Maps
  • Helderberg Info
    Lifestyle
  • Motoring
  • Gardening
  • Features
  • Contact Us
    News24
    Smalls24
     
    About Us Search Advertising
      Brought to you by:

    10/01/2008 11:15 AM - (SA)
    'n Halfjaar met die motor van die jaar!
    110108


    ONS het kort ná die aankondiging dat die Honda Civic as die Suid-Afrikaanse Motor van die Jaar bekroon is, kortliks oor hierdie middelklas-sedan geskryf. Hoewel hy in die middelklas val, is hy egter nie 'n gemiddelde motor nie. Nadat ons 'n Civic as langtermyn-toetsmotor tot vroeg Desember as "ons" motor gehad het, het die tyd aangebreek om 'n oordeel oor die Civic te vel. Na meer as ses maande se daaglikse gebruik, en 'n paar kort vakansies, raak enige motor deel van jou bestaan en raak jy aan enige snaaksigheid daarvan gewoond.

    En soos elke motor, ook die heel duurstes, het almal maar iewers 'n "snaaksigheid." Die dinge wat aan die begin van die Civic opgeval het, is die gebruik van digitale instrumente met blokkies wat die inhoud van die brandstoftenk, asook die enjintemperatuur aantoon. Verder word die snelheid in digitale syfers aangetoon wat, gelukkig, prominent in die bestuurder se sigveld opduik. Die toereteller is nog konvensioneel en daar kan bespiegel word dat hierdie instrument eintlik die belangrikste instrument in 'n motor is om verrigting aan te toets en maksimum wringkrag uit die enjin te haal.

    Aanvanklik was hierdie nuwerwetse soort instrumente vreemd op die oog, maar na 'n maand of wat lees hulle so maklik soos enige ander analoog weergawe.

    Die Civic sedan is modern maar met 'n effens konserwatiewe stilering wat aan hom 'n waardigheid en klassieke voorkoms gee wat by sommige van sy direkte opponente ontbreek. (Aan die ander kant is die vyfdeur-luikrugmodel amper futuristies en herinner 'n mens amper aan 'n mini-ruimteskip; vir die jonges van gees sal hierdie weergawe sekerlik die aangewese wiele wees). Die lyne is sag op die oog en die subtiele gebruik van chroom op die neus verleen daardie ekstra iets om te toon dat hy nie net vir die ouer geslag ontwerp is nie. Die toetsmodel, die VXi, is die vlagskip in die reeks en spog met chroom sierstroke langs die kante en dubbele chroom uitlaatpype agter. Hoewel die dae van chroombelaaide motors lankal verby is, is die subtiele gebruik van hierdie blink metaal aan die terugkom en breek dit die eentonigheid van die relatiewe karakterloosheid waaraan die meeste moderne ontwerpe ly.

    Die rit van die Civic sedan vorm ?n buitengewone goeie balans tussen 'n sportiewe en tradisionele sedanmotor met 'n suspensie wat vertroue by die bestuurder inboesem.

    Dit verseker dat daar nie snaakse dinge gebeur wanneer draaie te vinnig geneem word nie. Dit is hier waar die waarde van elektroniese beheer oor die remme - en hulle werking - op sy beste gesien kan word om die bestuurder se oordeelsfoute reg te stel.

    Indien dinge katastofies verloop, is daar egter die gemoedsrus dat al die ander veiligheidstelsels soos lugsakke voor, langs die kante en die "gordyn" langs die kante die insittendes beskerm. Die veiligheidstelsel werk ook in sinchronisasie met "aktiewe" nekstutte wat na vore kom in geval van 'n ongeluk om moontlike skade aan die nekwerwels te verminder.

    Bogenoemde eienskappe verhoog die gehalte van hierdie model wat kwaliteitsgewys, met die bestes op die mark kan saamgesels.

    Hierdie assosiasie met kwaliteit kom by ons al lang pad aan - vanaf die intreedatum van Honda in Suid-Afrika toe hulle deur Mercedes-Benz gebou en bemark is in die vroeë jare tagtig. Dit is ook weer eens bevestig met die prestasie dat hierdie maatskappy vanjaar die toekenning gekry het as dié vervaardiger wat die grootste bevrediging aan eie-naars van hul pro-dukte verskaf en die minste klagtes kry vir foute of swak diens.

    Die Civic VXi is ten volle toegerus met alles wat 'n mens vandag in 'n bo-gemiddelde, luukse motor verlang word: leerbekleedsel, 'n uitstekende RDS-radio met CD-kombinasie wat die volume aanpas by die snelheid van die motor en oor ses luidsprekers beskik en outomatiese lugversorging of, beter gestel, klimaatbeheer. Die kragstuur is lig genoeg sonder om "dood" te voel en die ruite word elektries beheer, soos ook die truspieëls. Daar is nuwe sitplekke wat rondom die bestuurder en passasiers "vou" en, belangrik, 'n stuurwiel wat beide vir hoogte en afstand verstelbaar is om die ideale bestuursposisie te verkry. Verder is die bestuurder se sitplekke ook vir hoogte verstelbaar om in-en uitklim te vergemaklik en beter uitsig aan die bestuurder te verseker, veral vir mense wat effens aan die kort kant is. 'n Belangrike eienskap is dat die radio en spoedbeheer ook deur middel van drukknoppe wat op die stuurwiel beheer kan word en is ook 'n belangrike veiligheidsfaktor omdat die bestuurder nie sy oë van die pad af te haal om die kontroles by te kom nie.

    'n Handige eienskap van die VXi is dat die agtersitplekke individueel na vore geklap kan word om voorwerpe met snaakse afmetings te akkomodeer. Daardeur word die bagasieruimte meer as verdubbel. Met die bagasieruimte kant en wal gepak met bagasie en vyf insittendes het die Civic nooit deurgestamp nie - iets wat wél met die vroeëre Ballades gebeur het.

    Al die Civic's word deur Honda se beproefde enjin van 1 799 cc aangedryf; 'n eenheid wat 103 kW teen 6 300 opm ontwikkel en 174 Nm teen 4 200 toere per minuut vrystel. Om goeie verrigting te verkry moet die vyfgang-ratkas egter vryelik gebruik word en kan daar van 0-100 km/h in minder as 10 sekondes versnel word. Brandstofverbuik is rondom 10 liter/100 km. Die pryse van die Honda Civic modelle het onlangs gestyg en die luukse VXi verkoop tans teen R200 650 maar die goedkoper, "standaard" weergawe, die LXi, is aansienlik goedkoper en verkoop teen R173 990. Outomatiese weergawes is ook beskikbaar in beide "intree"-, middel- en luukse formaat. Die goedkoopste outomatiese model verkoop teen R185 990.

    Al die Civic modelle word verkoop met die Honda-diensplan wat oor 5 jaar of 100 000 km strek en wat beteken dat die eienaar slegs vir bande, brandstof en normale slytasie-items betaal. Ons het met 'n swaar hart afskeid geneem van 'n gemaklike, ruim gesinsmotor wat hom uitstekend van sy taak as werksmotor en toermotor gekwyt het.




    Back to top     Back to top

    © Tel. (021) 853-0211 Fax. (021) 853-0234

    2003 Somerset Press (Pty) Ltd on all information and photographs.