Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
 

Helderberg
Front Page
News
  • Local
  • Business
  • Sport/Angling
  • Real Estate
  • Entertainment
  • Business Index
    Classifieds
    Forum
    Photo Gallery
    Tourism
  • Maps
  • Helderberg Info
    Lifestyle
  • Motoring
  • Gardening
  • Features
  • Contact Us
    News24
    Smalls24
     
    About Us Search Advertising
      Brought to you by:

    10/04/2008 02:19 PM - (SA)
    General Motors spog met nuwe blitse
    110408


    GENERAL MOTORS vier vanjaar hul 100-jarige bestaan en om dit te vier, het hulle 'n paar nuwe blitse op die mark geplaas - en wat ook in die nabye toekoms op die mark gaan verskyn.

    Die Duitse firma Opel, wat sedert 1929 aan General Motors behoort, het van die begin af 'n weerligstraal as logo gehad. Ook met reg; Opel was die eerste en enigste vervaar-diger wat in die twintigerjare reeds 'n motor met vuurpylaandrywing gebruik het en kon dus met reg aanspraak maak op die bliksem-straal as simbool van sy spoed!

    Opel het ook tydens die Tweede Wêreldoorlog 'n vragmotor gebou wat as die Opel Blitz bekend gestaan het.

    Hierdie model was so suksesvol dat die regering vir Mercedes-Benz opdrag gegee het om hierdie GM-produk onder lisensie te bou!

    In hulle honderste bestaansjaar het General Motors nou 'n nuwe motor ontwerp wat in 2010 op die mark gaan verskyn en verwant is met die weerligstraal, die Chevrolet Volt. Hierdie motor kan oornag ingeprop word om sy battery te laai en die volgende dag gebruik word om werk toe te ry en terug.

    Die 60 km radius is meer as genoeg vir die gemiddelde afstand tussen werk en huis. Wanneer die afstand groter is, kan 'n klein petrol of dieselenjin ingespan word om die reikafstand te vergroot.

    Al probleem in Suid-Afrika mag miskien wees dat ons in 2010 nog meer ons beperkte elektritisiteit met ander moet deel!

    Aan die ander kant van die skaal, het GM ook 'n nuwe Chev Camaro in die vooruitsig gestel - ook vir 2010.

    Waar die Volt min energie gaan gebruik, gaan die Camaro met sy agt warm silinders in minder as vyf sekondes vanaf 0-100 km/h versnel. Om die energiebesparende en osoonvriendelike aktiviste gelukkig te hou gaan hy in staat wees om vier silinders uit te skakel as al die krag nie nodig is nie!

    Terwyl Opel vir dekades lank die reputasie as uitstekende familiemotor gehad het, het die Opel Superboss? 2l GSi 16V in die tagtigerjare 'n legende binne sy eie leeftyd geword en het Opel 'n metamorfose onder-gaan en bekend geraak vir sy blitsige rygoed wat die bliksemstraal gestand doen.

    Dit het ons reeds gesien met die OPC-reeks op die Astra. Die jongste toevoeging is die Corsa OPC wat reeds op die vloer van GM-handelaars staan - of gestaan het.

    Dit blyk dat die klompie motors wat aan die handelaars gestuur is, reeds verkoop is en dat die waglys by die dag groei!

    Die nuwe blitsige klein Corsa is op die drie-deur Sport-model gebaseer en herskryf hierdie model die boeke in die windbuks-klas.

    Die 1.6 liter turbo-aangedrewe enjin met tusenverkoeling onwikkel 'n amper ongesonde 141 kW @ 5 850 rpm. Verder is 230 Nm beskikbaar tussen 1 980 and 5 800 rpm wat uitsonderlik is vir hierdie tipe enjin. 'n Verdere voordeel is dat daar tydens kwaai versnelling daar vir ?n kort tyd 266 Nm beskikbaar is.

    Gekoppel aan 'n sesgangratkas is hierdie warm blits in staat om van 0-100 km/h in minder as sewe sekondes te versnel en 225 km/h te behaal - as dit nodig sou wees! Boonop is die gemiddelde brandstof-verbruiksyfer, volgens GM, 'n skrale 7,9 liter per 100 kilometer. Dit is laasgenoemde wat al hoe belangriker vir die meeste motoriste




    Back to top     Back to top

    © Tel. (021) 853-0211 Fax. (021) 853-0234

    2003 Somerset Press (Pty) Ltd on all information and photographs.