Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
 

Error processing SSI file
Front Page
News
  • Local
  • Business
  • Sport/Angling
  • Real Estate
  • Entertainment
  • Business Index
    Classifieds
    Forum
    Photo Gallery
    Tourism
  • Maps
  • Helderberg Info
    Lifestyle
  • Motoring
  • Gardening
  • Features
  • Contact Us
    News24
    Smalls24
     
    About Us Search Advertising
      Brought to you by:

    03/04/2008 01:52 PM - (SA)
    Nissan se luukse 4x4 beïndruk
    04-04-2008


    NISSAN, saam met Toyota, het by wyse van spreke in Afrika hul 4x4 tande gewissel en reeds diep spore getrap. In sommige state noord van die Limpopo, is daar steeds hewige gevegte tussen die Nissan en Toyota ondersteuners, soos wat ons as skoolkinders destyds oor Fords en Chevs baklei het!

    Nissan het 'n paar jaar lank die onderspit gedelf in die stryd met sy opposisie, maar met die Pathfinder het hy 'n nuwe terrein betree en maak dit van hom 'n rasegte "padvinder". Hierdie terrein lê net so duskant die hardebaardwêreld van die Patrol en die ligter Nissan X-Trail, wat in 4x2-formaat van Nissan se beste verkopers is. En soos ek van X-Trail-eienaars verneem, almal hoogs tevrede met hulle voertuie is.

    Die Nissan staan uit met sy Amerikaanse voorkoms, veral as hy in 'n donker metaalkleur afgewerk is en donker ruite ook het - soos immers al die Pathfinders. Maar dit is net aan die buitekant wat hy Amerikaans lyk; onder die enjinkap is daar 'n kragtige, wakker maar ook baie suinige turbodiesel van 2,5 liter, wat hom eintlik soos 'n drieliter of nog groter gedra. Maar dit is die suinigheid waarmee hierdie enjin hom eintlik van ander modelle onderskei. En met die prys van diesel wat nou al amper elke maand die hoogte inskiet, is hierdie half verborge komponent van die Pathfinder-ervaring, beslis die hoogtepunt.

    Oor Pase het ons die geleentheid gehad om die Pathfinder op die rowwe paaie in die Sederberge te ervaar en daarna ook op teerpad op die Roete 62 na die Groot Fees toe. Op beide tipe grond en teer, het hierdie groot Nissan hom uitstekend gedra en kan die hantering amper met dié van 'n sedanmotor vergelyk word. Dit is nogal merkwaardig omdat hy gebruik maak van 'n tradisionele bakkie-onderstel wat in die VSA en Europa as die Titan bekend staan.

    Grootte, soos die Amerikaners daarvan hou, is dus een van die eienskappe van die Pathfinder en is daar ruim sitplek vir vyf Amerikaners met 'n derde ry siptlekke vir kleiner Amerikaners. Boonop is die agterste bagasieruimte so gevorm, dat daar regtig bonkige soorte bagasie en voorwerpe gepak kan word wat in die ander stroombelynde stasiewa-tipe 4x4's net nie moontlik is nie. Hier wen die Pathfinder dus heelwat pluspunte bo sy teenstanders.

    Boonop kan die agterste vyf sitplekke almal platgeslaan word om 'n groot, plat laai-area moontlik te maak.

    Die 2.5 turbodiesel-enjin mag klein klink vir so 'n groot bak maar hy lewer 128 kW teen 4 000 opm en stel 'n baie indrukwekkende 403 Nm vry teen 'n rustige 2 000 opm - wat van die Pathfinder 'n uitstekende en "ernstige" 4x4 voertuig maak as die hellings en oppervlaktes begin rof raak. Daarby gesê, nou nie regtig mededingend met die Patrol nie. Die vierwielaandrywing word elektronies beheer met 'n eenvoudige draaiknop wat 4x4 inskakel en ook die laestrekratte. In die 4H modus verdeel en sluit die sentrale ewenaar die kraglewering aan die voor- en agteraste op 'n 50/50 basis. Daar is nie elektroniese daalbeheer ("descent control") nie maar die 4L-modus verrig hierdie taak net so goed.

    Die outomatiese vyfgang-ratkas kan ook met die hand bedien word en kan ekstra enjinremkrag teen steiltes af beheer word. Maar hierdie ratkas is werklik intelligent; in 'n poging om die enjinrewolusies so laag as moontlik te hou om brandstof te bespaar, het die outomatiese ratkas my dikwels uitoorlê omdat die rewolusies in die outomatiese modus dikwels laer was as wat ek met die handskakeling wou verkry. Slim vang soms sy baas!

    Binnekant is al die luukses wat 'n mens aan gewoond geraak het; van die "lekker" eienskappe is die voorste sitplekke wat elektries verstel word om die beste posisie te verkry. Voeg daarby klimaatbeheer en 'n uitstekende klankstelsel en 'n mens kan op die rofste pad konsertmusiek uit die hoogste rakke hoor en jouself in die verbeelding na 'n Europese teater verplaas.

    Die Pathfinder beskik oor al die jongste en noodsaaklike veiligheidstoerusting, wat daar in 'n boonste-kategorie voertuig verwag word. Behalwe vir die standaard ABS-sluitwerende remme en ander elektroniese toerusting soos rembystand is die Pathfinder ook toegerus met ABSL of Active Brake Limited Assist wat in 4x4 toestande die remme kort-kort aktiveer in geval van 'n wiel wat in die lug sou hang en dreig om te begin tol. Krag word dan oorgedra na die wiele wat kontak met die grond het.

    Vir verdere veiligheid van die bestuurder en passasiers is daar ses lugsakke waarvan die die boonste sykant-lugsakke tot langs die derde ry sitplekke verleng is.

    Sedert die Pathfinder se bekendstelling plaaslik het die prys aansienlik gestyg en kos die 2.5-liter outomatiese model nou R446 500. Vir diegene wat steeds die handrat verkies, is die prys van R419 990 'n heelwat goedkoper opsie. En vir die kragmanne is daar natuurlik die 4-liter petrolmodel teen R449 900. Maar dan is 'n man al amper by die 3-liter Patrol TDi - en in 'n swaargewig klas!

    En wat sê die vrouens van hom: Wederhelf se mening was dat die suspensie uitstekend werk op rowwe pad en Tiener dink hy lyk "cool".

    Met Nissan se groot handelaarsnetwerk landswyd is die Pathfinder gewoonlik nooit ver van 'n diensagentskap af nie en het hy daar ook 'n voordeel bo ander nuwe name wat nou op die horison verskyn.




    Back to top     Back to top

    © Tel. (021) 853-0211 Fax. (021) 853-0234

    2003 Somerset Press (Pty) Ltd on all information and photographs.