Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
 

Error processing SSI file
Front Page
News
  • Local
  • Business
  • Sport/Angling
  • Real Estate
  • Entertainment
  • Business Index
    Classifieds
    Forum
    Photo Gallery
    Tourism
  • Maps
  • Helderberg Info
    Lifestyle
  • Motoring
  • Gardening
  • Features
  • Contact Us
    News24
    Smalls24
     
    About Us Search Advertising
      Brought to you by:

    01/11/2007 12:33 PM - (SA)
    Skreeusnaakse Lizz kuier op Kaapse verhoog
    021107


    Vir sommige mense is sy die skreeusnaakse televisiekarakter, vir Pieter-Dirk Uys is sy "die boere muffin" en vir haarself die "banierswaaiende dwergie wat vir die kunste baklei". Hoe dit ookal sy, Lizz Meiring is 'n huishoudelike naam in Suid-Afrika en 'n vriendin in elke huishouding, of dit nou is van haar dae in Lipstiek Dipstiek, haar vrolike lag in 'n televisie-advertensie, haar rubrieke in vele tydskrifte of haar rolle op die verhoog. Sy vier aanstaande jaar 25 jaar in die vermaaklikheidsbedryf en is nou in die Kaap vir die eerste maal in drie jaar in die eenvroustuk, Bizzie Lizzie, wat by die Roxy Revue Bar by Grandwest Casino speel tot 24 November.

    Die "Bizzie" in die titel, verwys na Lizz se verwantskap met showbizz.

    Sy spog met 'n rekord van 10 toekennings, 15 verdere nominasies, 307 teater produksies, 258 TV-produksies en 13 rolprente op haar kerfstok, as aktrise. As teater regisseur en skrywer, was sy al verantwoordelik vir 74 produksies.

    In Bizzie Lizzie, baljaar Meiring baldadig met 'n verrassingspakkie van vermaak. Diè unieke teater ervaring vind sy oorsprong uit die gewilde rooi rose rubriek "Bizzie Lizzie", wat sedert Oktober 2004, in elke uitgawe van dié vrouetydskrif verskyn.

    Die regie word deur veteraan aktrise en regisseur, Annalise Bosch, hanteer. Johan Hendriksz is tegniese regisseur, en ontwerper Thomas Thomson kleur in met kostuums.

    Bespreek by Computicket by 083 915 8000. Die Kaap woel om ons terwyl Lizz vrolik babbel op 'n Vrydagmiddag voor haar vertoning by Grandwest.

    Sy vertel met groot smaak hoe sy op agtjarige ouderdom vir die eerste maal op die verhoog was in die Langenhoven Gedenkjaar. "Anna Neethling-Pohl het nog die stuk regisseer en Lucas Maree het Paul Kruger gespeel!" Lizz het die hartseer kind in die konsentrasiekamp gespeel.

    Toe sy jare later as student in Tukkies se dramadepartement se kleedkamers rondloop, kom sy wraggies op haar rokkie af wat sy vir die Langenhoven-stuk gedra het.

    Sy glo sy het altyd geweet sy is vir die kunste bestem. "As jy by die Maskerteater by Tukkies instap, kry jy daardie reuk van ou verf, die gloeilampe om die spieëls, gesigpoeier en grimering. Dis die reuk van vrees en senuwees ook. Toe ek begin drama swot, het ek dié reuk duidelik onthou."

    Sy lag lekker oor haar kafeienvrye koffie - het klaar te veel natuurlike kafeiene in haar bloed, vermoed ek - en vertel hoe haar ma as tiener vir haar vertel het: "Ek maak nie 'n showbizz brat groot nie. Jy hou jou voete op die grond, presteer op skool en dan kan jy gaan maak wat jy wil met jou lewe."

    Donderdagaand voor haar eerste vertoning by Grand West, kry sy die nuus dat Patrick Mynhardt oorlede is. Lizz sê hy was 'n akteur wat onbeskaamd lief was vir sy nering. Hy was altyd opgewonde en 'n bietjie senuweeagtig voor hy moes optree. Dis een ding wat sy by hom geleer het oor die jare.

    "Ek gaan nooit op die verhoog sonder skoenlappers in my maag nie, amper soos 'n hond wat nog sy lêplek moet kry. Ek glo dis uit respek vir jou gehoor. Ek het Donderdagaand vir die gehoor vertel van oom Pat en stilletjies gesê: 'Oom Pat, hierdie een is vir jou!'"

    Lizz se loopbaan het al baie interessante draaie gegooi.

    Sy vertel hoe sy as 21-jarige saans Lady Macbeth - een van die land se jongste Lady Macbeths - speel en bedags doen sy oorklankingswerk as singende brood-rooster! "Ja, my bedryf hou jou nederig!" vertel sy.

    Haar beste professionele raad kom van Pieter-Dirk Uys. "Hy het destyds vir my gesê dit maak nie saak hoeveel betaalde produksies of projekte jy het nie, jy moet altyd jou eie goed doen - dis jou pensioen en jou onaf-hanklikheid daardie."

    Lizz sê tot vandag toe besef sy maar alte goed dat die vermaaklikheidsbedryf haar niks verskuldig is nie, jy is verantwoordelik vir jou eie heil.

    Sy is ewe tuis op die verhoog, voor die televisiekameras, as regisseur, vervaardiger en skrywer en geniet almal ewe veel. Haar vele toekennings is 'n wavrag vol en sy is trots en dankbaar vir elkeen, maar dis eintlik die kunste as geheel wat haar opgewonde maak. Sy voeg by dat alles wat sy skryf, uit vrae kom, want sy is "kreatief verskriklik nuuskierig".

    "Dis hoekom ek myself die banierswaaiende dwergie noem, want ek is gedurig besig om iewers 'n pleidooi te lewer vir die kunste en ons kunstenaars. Hoekom word ons rugbyspelers soveel betaal en kunstenaars moet 'n wurgbestaan voer?

    Hoekom stuur koerante kinders om resensies te skryf by kunstefeeste en dan kan hulle nie eers die skrywers se name reg spel nie?" wil sy vies weet.

    Haar loopbaan-hoogtepunt sluit onder meer die werk met Pieter-Dirk Uys in. Hulle het regoor die wêreld opgetree en saam 20 rolle vertolk. "Dit was die dae voor Internet en e-pos, so jy moes koerant lees en radio luister, om by te bly met die nuus, want dit beïnvloed jou vertoning daardie aand. Ons het in teaters gespeel wat meer as 400 jaar oud is en in plekke waar ons die taal nie verstaan nie, moes hotelkelners die nuus uit die koerant soggens vir ons vertaal!"

    Lizz sê haar loopbaan van byna 'n kwarteeu het haar die geleentheid gegee om met akteurs, skrywers en ander kunstenaars te werk, wat nie in die bedryf is vir hulself nie, maar vir die kunste as geheel.

    Haar eerste roman, Breek, is geskryf saam met Barrie Hough, en gepubliseer in 2002 (Tafelberg Uitgewers) en het sederdien al 15 keer herdruk. Die roman is ook genomineer vir die M.E.R. prys vir jeuglektuur in 2003. "Breek" is 'n voorgeskrewe boek by hoërskole landwyd. Sy werk tans aan haar tweede, en eerste solo roman, asook die draaiboek van Breek.

    Haar klein genotjies in die lewe? "Skoene, mooi onderklere, reis en die talent van mense". Lizz lag as sy sê sy is onbeskaamd Eurosentries, is mal oor museums en argeologie. As sy Europa besoek, is sy die muwwe een wat in die museum sit, terwyl ander op die strande baljaar.

    Die klippie in haar skoen? "Rugby en mense wat 'n vrees het vir iets wat 'n verbeelding het."

    Haar droom vir die volgende 25 jaar? "Ek hoop dat ons kuns kan bedryf sonder enige inmenging, hetsy polities, ekonomies en dat ons dit toeganklik vir almal sal maak - wat nie beteken dit hoef in 'n dronknes te ontaard nie."




    Back to top     Back to top

    © Tel. (021) 853-0211 Fax. (021) 853-0234

    2003 Somerset Press (Pty) Ltd on all information and photographs.