Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
 

Error processing SSI file
Front Page
News
  • Local
  • Business
  • Sport/Angling
  • Real Estate
  • Entertainment
  • Business Index
    Classifieds
    Forum
    Photo Gallery
    Tourism
  • Maps
  • Helderberg Info
    Lifestyle
  • Motoring
  • Gardening
  • Features
  • Contact Us
    News24
    Smalls24
     
    About Us Search Advertising
      Brought to you by:

    01/11/2007 12:34 PM - (SA)
    Een van slegs twee dierefisio's nou in Helderberg
    021107


    DIE Helderberg spog met een van slegs twee meestersgraad-gekwalifiseerde dierefisioterapeute in die land. Marinette Prinsloo (Teeling) het pas haar kwalifikasie voltooi en in die Helderberg begin praktiseer. Sy sê die beroep is baie skaars in Suid-Afrika om verskeie redes: die kwalifikasie is baie duur, die praktiese gedeelte van die kursus word in Australië gedoen, dis 'n tameletjie van 'n graad en die kursus is maar 'n skrale sewe jaar gelede vir die eerste maal in Engeland aangebied.

    Marinette werk soggens by Janice Rust se praktyk as fisioterapeut en smiddae en naweke as dierefisioterapeut by Michael Gray, 'n dierespesialis en -chirurg by Panorama Dierekliniek.

    Sy het nou meer kontak met mense as wat sy verwag het. Die diere-eienaars wat hul diere na haar bring vir behandeling, is toegewyde mense wat net so hard moet saamwerk om hul diere gesond te kry of in 'n topfiks-toestand. Marinette is ?n Helderberger in murg en been: sy was hoofdogter van Laerskool De Hoop en onderhoofdogter van HHH in 1999 toe sy daar gematrikuleer het. Ná skool het sy haar Fisioterapie-graad by Maties voltooi, voor sy vir ses maande in Manchester gewerk het.

    Marinette sê dit was geweldig interessant om in Engeland by 'n rehabilitasiehospitaal te werk. "Manchester het my ook baie aan die Kaap herinner. Die mense is baie soos Kapenaars en die pas is nie so gejaagd soos in Londen nie," vertel sy.

    Na haar werk in die Verenigde Koninkryk, is sy en 'n paar ander vriende na Saudi Arabië vir 18 maande. "Dit was 'n uitdaging om in 'n streng Moslemkultuur te werk en te woon. Vrouens mag byvoorbeeld glad nie daar bestuur nie, of sonder die geselskap van 'n man, broer of pa, op straat gesien word nie. Ons het in vol Moslemdrag uitgegaan en moes by die wette hou. Ek glo 'Saudi' wette is baie strenger as net suiwer Moslem wette en ons vrouens het maar swaar gekry by tye.

    "Mense gaan werk daar om geld te spaar, maar jy kry jouself meeste van die tyd só jammer oor jou kultuur onderdruk word, jy ver van die huis is en jy nie so vry kan wees soos by die huis nie, dat jy maar al jou swaarverdiende geld uitgee op elektronika soos DVD-spelers, kameras en nuwe selfone en baie reis."

    Tydens haar tyd in Saudi het sy haar MSc graad in dierefisioterapie begin deur afstandonderrig aan die Universiteit van Brisbane, Australië te volg.

    Hierdie twee jaarlange graad het sy pas voltooi en sy is tans die enigste persoon in die Wes-Kaap met hierdie kwalifikasie.

    Sy wil haar hoofsaaklik toespits op perde fisioterapie.

    Sy was al van skooldae af betrokke by die rehabilitasie van perde en hierdie hoogs gespesialiseerde kursus is 'n voortsetting en uitleef van drome wat toe al begin het.

    Haar liefde vir diere kom van haar kleindogtertjie-dae af. Marinette vertel: "Ons het omtrent 'n hele dieretuin gehad by die huis toe ek 'n kind was: papegaaie, honde, katte en ek het ook van kleins af perdgery."

    Haar ouers is 'n groot steunpilaar in haar lewe en een van die groot redes waarom sy op 'n skrale 26 haar droom kan uitleef. Haar man, Ryan Teeling, ook 'n fisioterapeut is die ander vonkel in haar oog. Marinette praktiseer onder haar nooiensvan. Pa Johan het sy eie toerismebesigheid in die Strand en ma Anetha is 'n opvoeder by Parel Vallei.

    Marinette het ook 'n broer, Jandré en sussie, Elrine, wat ook '?n fisioterapeut is.

    Sy sê die aanvraag vir dierefisioterapie groei weekliks en dis nie net beseerde perde en honde waarna sy kyk nie. "Ek spits my toe op perde, maar sien ook heelwat honde en katte. Ek weet ander dierefisioterapeute behandel ook wilde diere, maar dis moeilik want die dier moet elke keer verdoof word, voor jy met behandeling kan begin."

    Al meer eienaars wat perde as suiwer sportdiere aankoop, klop by haar aan vir beter resultate van hul diere.

    Een van haar hoogtepunte die afgelope paar weke vandat sy praktiseer, is 'n Border Collie-kruis wat verlam is in altwee agterbene en nou al self staan en klein entjies kan loop. "Dié hond se eienaar is ongelooflik, sy is baie gemotiveerd en werk nou saam met my en die hond."

    Sy sê die diere se eienaars moet funksionele ondersteuning verleen, want diere kan nie hul pyn oordra nie en dis soms moeilik vir 'n terapeut om haar behandeling te verduidelik.

    Haar drome vir die toekoms is baie spesifiek: "Ek soek 'n kleinhoewe op die R44 buite Somerset-Wes, sodat ek my eie praktyk kan begin, perde en honde kan sien, maar ook 'n holistiese sentrum kan hê waar diere en hul eienaars kan oorbly."

    Sy sê sy hou nie daarvan om te misluk nie en sodra iemand sê sy kan iets nie doen nie, dien dit net as goeie motivering vir haar om te slaag! Sy glimlag simpatiek oor die kwessie van bekostigbaarheid van dierefisioterapie. "Enigeen wat fisioterapie kan bekostig, kan dierefisio ook bekostig," sê sy.

    Sy moedig die publiek aan om nie na kwaksalwers te gaan vir dierefisioterapie nie. Sy sê fisioterapie is wetenskaplik nagevors en kwakke doen die bedryf baie skade.

    "Baie mense doen die werk sonder enige kwalifikasies en dit maak die publiek skepties as hul werk nie resultate oplewer nie. Ons het nodig dat dierefisioterapeute se standaarde van uiters hoë gehalte is. Die Animal Physiotherapy Group of South Africa (APGSA) is besig om 'n nasionale kursus




    Back to top     Back to top

    © Tel. (021) 853-0211 Fax. (021) 853-0234

    2003 Somerset Press (Pty) Ltd on all information and photographs.