Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
 

Error processing SSI file
Front Page
News
  • Local
  • Business
  • Sport/Angling
  • Real Estate
  • Entertainment
  • Business Index
    Classifieds
    Forum
    Photo Gallery
    Tourism
  • Maps
  • Helderberg Info
    Lifestyle
  • Motoring
  • Gardening
  • Features
  • Contact Us
    News24
    Smalls24
     
    About Us Search Advertising
      Brought to you by:

    06/12/2007 12:18 PM - (SA)
    Liefde vir Afrikaanse kinderstories laat hom CD maak
    071207


    'n STRAND-inwoner, het pas 'n CD met gewilde Afrikaanse stories vrygestel en sy kop staan nou televisie toe, hy wil die reeks uitbrei en sy karakter, Nieltjie, uitbou tot 'n maatjie vir elke Suid-Afrikaanse kind. Niel Marais se CD, Nieltjie se Stories, is eersdaags in musiekwinkels teen R70 elk beskikbaar, maar is tans nog by hom te koop teen R50 en is die begin van 'n nuwe reeks Afrikaanse storie CD's vir jong kinders.

    Niel vertel: "Soos almal weet kan kinders deur na stories te luister, hul luistervermoë, konsentrasie en verbeelding verbeter.

    "Elke storie op hierdie eerste CD word op 'n prettige en komiese manier vertel en het opwindende agtergrond musiek en byklanke," vertel hy.

    Die CD bevat ook 'n elektroniese boek in pdf-formaat, sodat ouers dit op hul rekenaar kan uitdruk en vir boetie of sussie kan gee om saam te lees, terwyl die res van die kinders na die stories luister.

    Op hierdie CD kan kinders saam met Nieltjie kom luister en deel in die avonture van Klein Pikkie, Sultan die hond, Ouma Paddastoel en nog vele meer. Die fokus is suiwer Afrikaans en Niel sê hy het bekende volksverhaaltjies aangepas vir die CD.

    Ware karaktertjie geword
    Nieltjie se idee was in Niel se kop, maar toe hy met die illustreerder, Mari Marincowitz-Marischuk gesels, het Nieltjie 'n ware karaktertjie geword.

    Die prente in die CD-boekie en op die webwerf, is lewendig en kleurvol en as jou kind van Nieltjie as 'n regte maatjie begin praat, moenie bekommer nie, dis nie 'n verbeeldingsmaatjie nie!

    "Ek hou van handgetekende illustrasies, hulle is warmer en lewendiger as rekenaar-illustrasies en dit was 'n ware verligting toe ek en Mari bymekaar kon uitkom en die karakters lewe kon gee." Niel sê: "Die CD gee vir ma en pa 'n kans om rustig te kan ontspan terwyl hulle kind saam met Nieltjie veilig luister na sy stories. Bo-en-behalwe dit, is die stories ook 'n uitstekende hulpmiddel om luister-en-leesvaardighede by kinders te ontwikkel."

    Die CD is geskik vir kinders tussen die ouderdom van vyf en 12, maar Niel glo dit gaan 'n unieke toevoeging tot enige ouderdom kind se boekrak word.

    Niel het vir 'n hele ruk in die advertensiewese gewerk, Engels in Taiwan gegee en selfs gaan swot, maar was nog altyd lief vir stories. Toe hy 'n besluit moet maak, oor hoe hy sy energie gaan inspan, was die keuse om 'n CD vir kinders te maak, eintlik voor die hand liggend, vertel hy.

    "Toe ek 'n kind was, was daar vir my niks so lekker as om my Storieman uit te haal en my in die lekker Afrikaanse kinderstories te verlustig nie. Dis vir my onregverdig dat kinders al hoe minder toegang het tot lekker oudiovisuele Afrikaanse stories."

    Hy sê toe hy 'n kind was in die tagtigerjare, het kinders vele karakters gehad waarmee hulle kon identifiseer, hetsy dit Mannemarak, Liewe Heksie, of ander volksverhale-karakters was, maar dit het gekwyn. "Toe ek klein was, het my familie my 'Nieltjie' genoem en toe besluit ek om 'n karakter te skep waarin kinders weer kan glo en hy is 'Nieltjie'. Op die eerste CD kan kinders saam met hom luister na sy gunsteling verhale, maar van die volgende CD af, word hy die hoof-karakter."

    Niel sê hy wil poog om 'n verbeeldingsryke wêreld vir kinders te skep met sy reeks CD's. Nieltjie se stories is die eerste in die reeks en hy is al hard aan die werk aan die volgende CD.

    Niel het sy eie klein opname ateljee in die Strand en dié oud-leerder van Happy Days, Beaumont Primêr en Parel Vallei, sê hy het vroeër vanjaar 'n toetslopie gehad en dit was geweldig suksesvol en dis toe dat hy besluit om met hart en siel in te klim in die projek.

    Wanneer die CD's Nieltjie se eie avonture in die toekoms gaan insluit, gaan die verhale in eerste persoon vertel word.

    "Ek dink daaraan om dan 'n kompetisie vir aspirant-skrywers uit te skryf, waarin hulle binne die riglyne van Nieltjie en sy maats, stories kan skryf waarin hy die held is. Die wenners se stories sal dan op die CD's ingesluit word."

    Maar intussen werk Niel aan sy droom om Nieltjie op die kassie te sien en so bekend en huishoudelik te maak soos Sunlight-seep.

    Bel Niel by 083 673 1267, stuur 'n e-pos aan info@commart.co.za of gaan loer gerus na Nieltjie se eie webwerf, www.nieltjie.co.za.

    Drie DistriksPos-lesers kan elk 'n kopie wen van die CD, Nieltjie se stories. Stuur jou naam, adres en foon-nommer na Nieltjie-weggee, Posbus 58, Somerset-Wes, 7129 voor 13 Desember.




    Back to top     Back to top

    © Tel. (021) 853-0211 Fax. (021) 853-0234

    2003 Somerset Press (Pty) Ltd on all information and photographs.