Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
Society for the Aged  

Helderberg
Front Page
News
  • Local
  • Business
  • Sport/Angling
  • Real Estate
  • Entertainment
  • Business Index
    Classifieds
    Forum
    Photo Gallery
    Tourism
  • Maps
  • Helderberg Info
    Lifestyle
  • Motoring
  • Gardening
  • Features
  • Contact Us
    News24
    Smalls24
     
    About Us Search Advertising
      Brought to you by:

    17/07/2008 11:30 AM - (SA)
    'Ook skokkende diens by HHH ontvang'
    180708


    "Ook moeg vir HHH se vuilheid" skryf: Hottentots Holland Hospitaal is 'n skande - maar waarheen as jy nie medies kan bekostig nie?

    Ek reageer op die brief in die DistriksPos van 11 Julie "Diens by HHH was skokkend".

    Ek wil vir die persoon sê dat hy nie alleen moet voel nie, want ek was die einde van Februarie ook in so 'n situasie. Ek is op 18 Februarie van HHH na Tygerberg Hospitaal vir 'n nood-keiser.

    Teen 28 Februarie is ek en my baba van nege dae oud, weer oorgeplaas HHH toe. Ek het gedink dit sal beter wees, omdat dit nader aan die huis is - ons woon in die Strand.

    Tot my verbasing, was dit só oorvol by die kangaroe-afdeling, dat my baba 'n broeikas moes deel, tweedens het hulle haar oorvoed, van te veel melk het sy opgegooi, en nie gewig opgetel nie.

    Ek moes hulle ook sommige tye vra om haar te weeg - iets wat hulle veronderstel is om elke dag te doen.

    Ek was eers geskok toe ek sien dat die mammas met hulle babas op die grond op oopvou banke moes slaap, nie dat ek dink ek is beter nie, maar daai tyd het ek aan my baba gedink wat sewe weke te vroeg gebore is en 'n halfuur sonder suurstof, so natuurlik wou ek net die beste vir haar hê.

    Ek het aangedring om ERH toe te gaan, maar na twee dae daar, het sy siek geword en is terug Tygerberg toe.

    Waar hulle uitgevind het dat sy by HHH kieme opgetel het en oorvoed is.

    Want sy moes 'n broeikas deel!

    My punt met hierdie brief is dat die perso?neel en bestuur by HHH hulle moet regruk. En hulself die vraag vra: "Sal hulle so behandel wil word?"




    Back to top     Back to top

    © Tel. (021) 853-0211 Fax. (021) 853-0234

    2003 Somerset Press (Pty) Ltd on all information and photographs.