Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
 

Helderberg
Front Page
News
  • Local
  • Business
  • Sport/Angling
  • Real Estate
  • Entertainment
  • Business Index
    Classifieds
    Forum
    Photo Gallery
    Tourism
  • Maps
  • Helderberg Info
    Lifestyle
  • Motoring
  • Gardening
  • Features
  • Contact Us
    News24
    Smalls24
     
    About Us Search Advertising
      Brought to you by:

    08/05/2008 02:13 PM - (SA)
    Hond se skietdood ruk Strand-familie
    08-05-2008


    "BRUTUS was soos 'n kind in ons huis, hoe kan iemand met een skoot my hele lewe omver werp?" het 'n huilende Jackie Greyling Dinsdag gevra, nadat haar bulterrier Maandag naby haar huis in Van der Merwestraat, Strand, deur 'n verby-ganger met 'n 9 mm pistool doodgeskiet is.

    Jackie, 'n verpleegsuster, het Maandag kort na 16:00 by die huis gekom nadat sy 'n bejaarde man se bloeddruk gaan meet het by 'n ouetehuis. Haar man, Chris, is saam. Met hul tuiskoms het 'n klomp mense in die straat naby hul huis saamgedrom.

    "Jou "kind" is geskiet, hy is dood!" het iemand haar meegedeel. Sy het gedink hulle praat van haar seun en was só geskok dat sy die straat afgehardloop het. Sy het eers heelwat later teruggekom en toe gehoor haar seun lewe.

    Haar verligting was van korte duur. Sy moes toe die hartseernuus verneem dat dit haar geliefde bulterrier, Brutus, is wat doodgeskiet is. Die voorval het om 16:00, op die hoek van Van Ryneveld- en Gousstraat gebeur.

    Een van die bure het hulle meegedeel dat 'n bergie met sy loslopende klomp honde daar verbygeloop het, en dat Brutus wat uitgekom het, een van die honde aangeval het.

    'n Geveg het tussen die honde ontstaan en Brutus het een van die honde tot in Van Ryneveldstraat gevolg, waar die ander hond onder 'n motor ingekruip het, met Brutus agterna. Dis toe dat hy doodgeskiet is met 'n 9 mm pistool.

    "Ek het die hele nag gehuil. Brutus was soos 'n kind in ons huis, en het saam met ons op ons bed geslaap. Ek het altyd na hom verwys as my baba, my seuntjie. Het ek maar net 'n kwartier vroeër tuisgekom, kon ek my hond beskerm het. Die man sou my saam met my hond moes doodgeskiet het."

    Jackie glo die hele voorval was beplan en dat iemand opsetlik hul hek oopgemaak het om 'n hondegeveg te ontlok. Die hek na hul agterplaas - wat met 'n skuifslot aan die binnekant toemaak - is so hoog dat net 'n mens dit kan oopmaak as hy sy hand bo-oor steek. "Nóg die wind, of honde wat daarteen spring, sal dit kan losruk. Wie gee iemand die reg om my hek oop te maak?" vra sy.

    Die skieter het die voorval by die Strand polisie gaan aanmeld, maar beweer hy het die hond doodgeskiet omdat hy bedreig gevoel het.

    "Hoe kan 'n man bedreig voel as twee honde baklei, tensy hy inmeng?" vra Jackie. "My hond is dood en kan nie vir homself praat nie. Brutus was liefdevol en het nog nooit 'n mens aangeval nie. Was dit nodig om hom te skiet?

    Enigeen kon tog sien my hond was ordentlik versorg en dat hy aan iemand behoort.

    Wat haar ook ontstel, is dat 'n onbekende man haar hond in 'n swart sak agter in 'n bakkie gegooi en weggery het.

    "As eienaar het ek die reg gehad om my hond te sien. Hy kon nog gelewe het en moes dalk veeartsbehandeling gekry het. Een oomblik was hy nog daar, my kind en beste vriend. Nou is hy weg. Ek is geskok dat mense so min simpatie toon."




    Back to top     Back to top

    © Tel. (021) 853-0211 Fax. (021) 853-0234

    2003 Somerset Press (Pty) Ltd on all information and photographs.