Error processing SSI file
|
|
|
08/05/2008 09:53 AM - (SA)
Musiekmaak dat die balke gaan dreun.
09/05/08
'n Verskeidenheid kunstenaars gaan op 16 Mei van 19:30 by Hoërskool Strand musiekmaak dat die balke gaan dreun. Warren Oliver, Esmari Le Roux (foto links) en Keith De Lange gaan die aand optree. Keith is 'n opkomende sanger wat in die Tommy Dell sangskool is. Warren is die hoofkunstenaar en gaan snitte soos "Dis Altyd Lente", "Enkeling" en ander van sy eie komposisies sing sowel as ander liedjies. Hy is tans besig met sy nuwe CD en het al optredes by die KKNK, Rittelfees en Branderfees gehad. Esmari het al vele kompetisies gewen en al saam met name soos Ray Dylan, Tommy Dell en ander opgetree. Hectic Biltong gaan verversings voorsien, en kaartjies is beskikbaar by Hectic Biltong by (021) 854-8603, Helderberg Kids Kleuterskool by (021) 853-5377 of by Warren by 073 766 1455.
 |
Back to top
|
© Tel. (021) 853-0211 Fax. (021) 853-0234
2003 Somerset Press (Pty) Ltd on all information and photographs.
|
|
 |