Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
 

Error processing SSI file
Front Page
News
  • Local
  • Business
  • Sport/Angling
  • Real Estate
  • Entertainment
  • Business Index
    Classifieds
    Forum
    Photo Gallery
    Tourism
  • Maps
  • Helderberg Info
    Lifestyle
  • Motoring
  • Gardening
  • Features
  • Contact Us
    News24
    Smalls24
     
    About Us Search Advertising
      Brought to you by:

    08/05/2008 02:24 PM - (SA)
    Helderberg kry pak by Durbell
    08-05-2008


    Helderberg het verlede Donderdag sy Super Liga A kragmeting op Durbanville met 51-26 teen die tuisklub Durbanville/Bellville (Durbell) verloor.

    Helderberg se aanpassing in dié topliga duur voort en hulle bevind hulself tans in die sewende plek op die punteleer, met agt punte ná vier wedstryde.

    Durbell het vinnig begin en progressief beheer oorheers. Twee drieë, 'n doelskop en 'n strafdoel en die telling was 17-0 in die tuisspan se guns. 'n Puik stukkie individualisme van Helderberg se heelagter, Anthony Maarman, bring sy span terug in die prentjie. 'n Hanteerfout van Durbell op Helderberg se 10 meterlyn en Maarman skop die bal vorentoe.

    Hy volg op, skop die bal verder om eindelik die resies te wen en die bal toe te val agter die doellyn. Losskakel Karlo Aspeling verdoel maklik (17-7). 'n Strafdoel van Durbell maak die rustyd-telling 20-7.

    Met die hervatting was Durbell steeds grootliks in beheer en hul derde drie en doelskop laat die telling na 27-7 groei.

    Helderberg het reageer en was gou op die aanval. Blitsige tweede fase besit, deur die hande van skrumskakel Breyten Isaacs en losskakel Aspeling, lei tot 'n kragdrie vir die flank De Waal Rautenbach. Die doelskop teen die wind was wyd (27-12).

    Sowat 'n kwartier in die tweede helfte en Durbell neem totale beheer oor. Drie drieë, al drie verdoel, en 'n strafdoel verseël die uitslag 51-12. 'n Paar veranderinge aan die besoekerskant, bring welkome nuwe vonk.

    Die tweedespan skakels, Werner Williams en Hannes Louw, was daardie vonk. Binne sewe minute gaan druk Helderberg tweemaal - eers deur die 20-jarige stut Erik Coetzee en toe deur heelagter, Anthony Maarman.

    Hannes Louw verdoel beide drieë teen die sterk wind en Helderberg verdien 'n bonus-punt, al is die telling 'n massiewe 51-26 teen hulle. Met terugblik het die afwesigheid van die beseerde Gary Williams (flank), Julian du Preez (agsteman) en vleuels Shaun Labuschagne en Ashwin van Heerden, Helderberg erg belemmer.

    Vir Helderberg het heelagter Anthony Maarman en flank De Wahl Rautenbach, met uitstaande spel die spelers van die wedstryd verdien. Helderberg se senior spanne het hierdie week 'n losloot, maar hul gedagtes sal reeds by Saterdag 17 Mei wees wanneer hul die Magtige Maties op Charles ontmoet.

    Helderberg se tweedespan het met 'n lustelose vertoning hul onoorwonne status met 17-3 verloor.

    Ander uitslae: Helderberg III 15 - Durbell 17, Helderberg IV 26 - Durbell 19, Helderberg V 0 - Durbell 20, Helderberg o/20 A 11 - Durbell 29.

    Die klubprogram vir Saterdag 10 Mei: Superliga A: Helderberg o/20 vs U.W.K. op U.W.K.; Superliga B: Strand United vs Kuilsrivier op Abattoir Park; Premierliga B: Macassar vs Langa op Langa, St. Georges vs Silverleaf op Gustrouw; Divisie 1: Raithby Universals vs Hamediehs op Raithby, Strand vs Kylemore op Kylemore; en Divisie 2: Sir Lowrians vs Manenberg Rangers op Sir Lowry's Park, Strand Pioneers vs Peninsula op Sandvlei.




    Back to top     Back to top

    © Tel. (021) 853-0211 Fax. (021) 853-0234

    2003 Somerset Press (Pty) Ltd on all information and photographs.