Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
 

Helderberg
Front Page
News
  • Local
  • Business
  • Sport/Angling
  • Real Estate
  • Entertainment
  • Business Index
    Classifieds
    Forum
    Photo Gallery
    Tourism
  • Maps
  • Helderberg Info
    Lifestyle
  • Motoring
  • Gardening
  • Features
  • Contact Us
    News24
    Smalls24
     
    About Us Search Advertising
      Brought to you by:

    08/05/2008 12:43 PM - (SA)
    Jong sakevrou-groep vergader weer
    09/05/08


    Die nuutgestigde plaaslike tak van die SA Raad vir Sakevroue, 'n filiaal van die Afrikaanse Handelsinstituut, vergader hierdie week op 8 Mei by Mayfair House in Brightstraat, Somerset-Wes, om 16:00. Die organisasie bied lede die geleentheid om hul sakebelange deur middel van netwerkgeleenthede te bevorder, en om van 'n groter netwerk sakeorganisasies deel te wees, wat op regeringsvlak verteenwoordig word.

    Deur sy affiliasie aan die AHI, soos verskeie Afrikaanse Sakekamers insluitend dié in die Helderberg, is die SARSV ook lid van die Kamers van Koophandel en Nywerheid SA (Kamsa).

    Lede betaal 'n jaarlikse lidmaatskapsfooi, wat hul toegang tot gereelde netwerkgeleenthede gee, asook deelname aan die nasionale organisasie se Sakevrou van die Jaar-kompetisie. Die Helderberg-tak is in Maart gestig met Somerset-Wes sakevrou Naudine Adaimi as voorsitter.

    Koste vir die bywoning van die vergadering Donderdag is R25 per persoon en bywoners word aangemoedig om besigheidskaartjies en inligting oor hul ondernemings saam te bring vir netwerk.

    Die jaarprogram en ledegeld is onder die besprekings op die agenda vir die aand.

    Die SA Raad vir Sakevroue se nasionale voorsitter Elise Coetzee, wat in Pretoria woonagtig is, gaan ook teenwoordig wees.

    Vir meer inligting, bel Engela Pohl by 082 896 5519 of stuur e-pos aan engela@stonemarket.co.za.




    Back to top     Back to top

    © Tel. (021) 853-0211 Fax. (021) 853-0234

    2003 Somerset Press (Pty) Ltd on all information and photographs.