Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
 

Error processing SSI file
Front Page
News
  • Local
  • Business
  • Sport/Angling
  • Real Estate
  • Entertainment
  • Business Index
    Classifieds
    Forum
    Photo Gallery
    Tourism
  • Maps
  • Helderberg Info
    Lifestyle
  • Motoring
  • Gardening
  • Features
  • Contact Us
    News24
    Smalls24
     
    About Us Search Advertising
      Brought to you by:

    03/07/2008 12:27 PM - (SA)
    Getraumatiseerde ma was self ondersoek na kind se breinskade
    04-07-2008


    "EK moet weet wat daardie dag gebeur het. My kind het die oggend niks makeer toe ek haar afgelaai het nie, maar toe ek haar die middag weer sien, was daar min hoop dat sy sou oorleef."

    Só het 'n enkelma van die Strand, Lizelle Williams Woensdag vanuit die Rooikruis Kinderhospitaal aan DistriksPos gesê waar haar kind, Lucia (2), besig was om fisio behandeling vir serebrale gestremdheid te ondergaan.

    Lucia het permanente breinskade opgedoen na 'n voorval by 'n dagmoeder se huis in Gordonsbaai op 20 Junie verlede jaar. Daar word beweer die dagmoeder wat besig was om te trek, se eie tweejarige dogtertjie het van 'n bank afgespring, en bo op Lucia, toe elf maande, geval.

    Die SAPD se Kinderbeskermingseenheid ondersoek die saak, nadat 'n pediater van Somerset-Wes 'n klag namens die moeder by die polisie in Gordonsbaai aanhangig gemaak het.

    Lizelle het Woensdag openlik gepraat oor die trauma waardeur sy die afgelope jaar moes gaan. Sy sê sy het haar baba verlede jaar op 4 Junie na die pediater geneem vir 'n roetine ondersoek. 'n Skandering het gewys haar baba het 'n skedelfraktuur, maar die pediater het vir haar gesê met behandeling sou dit binne twee weke toegroei. daar was niks anders verkeerd met die baba nie.

    Sestien dae later sou die bom bars. Dit was 16:30 en sy was net op pad huis toe, toe sy op 20 Junie 'n oproep kry van haar suster Xenia wat Lucia sou gaan afhaal, wat op polisie en ambulanse by die dagmoeder se huis afgekom het.

    Die geskokte ma moes inderhaas reëlings tref dat haar kind by Vergelegen Medi-Clinic hospitaal opgeneem word en het die ambulans daar ingewag. Dieselfde pediater wat sy vroeër gesien het, het Lucia, wat in 'n koma was, ontvang.

    Na x-strale en skanderings geneem is, is sy in die waakeenheid opgeneem. Sy is egter dieselfde aand oorgeplaas na die Rooikruis hospitaal se intensiewe eenheid, omdat die dokter van mening was dat dit al hospitaal was wat haar kon help.

    Daar is sy die aand twee keer opereer, eerstens om die druk op die brein te verlig en die tweede keer om 'n stuk van haar skedelbeen te verwyder.

    Lizelle vertel dat sy vir die volgende vier maande dag en nag by haar kind se bed gewaak het.

    Die ergste beproewing sou nog kom. Nadat Lucia ontslaan is uit die hospitaal, is sy vir twee weke uit Lizelle se sorg geneem en by Little Angels geplaas, terwyl die Kinderhof 'n ondersoek gedoen het om te bepaal of die ma geskik was om na haar eie kindjie om te sien.

    "Ek was in trane toe hulle my kind uit my sorg neem," vertel die ma. Sy vertel sy kry baie ondersteuning van haar ouers, susters en familie. Klein Lucia word nou bedags by Gabriella Huis vir gestremdes versorg, waar haar ma haar saans na werk gaan haal. "Mense dink dalk ek is verkeerd, maar ek moet weet wat daardie dag gebeur het."




    Back to top     Back to top

    © Tel. (021) 853-0211 Fax. (021) 853-0234

    2003 Somerset Press (Pty) Ltd on all information and photographs.