Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
 

Helderberg
Front Page
News
  • Local
  • Business
  • Sport/Angling
  • Real Estate
  • Entertainment
  • Business Index
    Classifieds
    Forum
    Photo Gallery
    Tourism
  • Maps
  • Helderberg Info
    Lifestyle
  • Motoring
  • Gardening
  • Features
  • Contact Us
    News24
    Smalls24
     
    About Us Search Advertising
      Brought to you by:

    04/09/2008 12:28 PM - (SA)
    Baie dankie/ Thank you
    050908


    AMANDA EN RONNIE FORBES skryf via e-pos:
    Ek wil graag al die personeel van Laerskool De Hoop bedank met die hulp wat hulle onlangs aan ons verleen het tydens die moeilike tydperk wat ons ondervind het.

    Hulle bystand en begrip het vir ons oneindig baie beteken en dit is vir my 'n groot voorreg om my kind in hul skool te hê.

    Hulle is nie net 'n gedissiplineerde skool nie, maar ook 'n puik skool en vir hulle is nie net die kinders ontsettend belangrik nie, maar ook die kinders se welsyn. Hul opregte begrip is baie verfrissend en as ouer beteken dit ontsettend baie vir my om te weet my kind se opvoeding en geeste?like sorg is vir hulle net so belangrik as vir my.

    Wynand Cillie en al sy personeel het uit hul pad uit gegaan om ons te ondersteun en by te staan deur die moeilike tye wat ons ondervind het en ons wil almal hartlik bedank - van die onderwysers af, ontvangspersoneel en ander.

    DEIDRE VAN DER HEYDE from Somerset West writes:
    This is a letter of thanks to my husband, children, family and friends and ministers for their wonderful support and prayers in a difficult time in my life.

    After my first operation some four weeks ago, I became very ill and was readmitted to hospital twice thereafter.

    A special thank you to Dr AL Brink, Dr Pretorius and their teams and to all the staff that gave me excellent service in the A-ward of Vergelegen Medi-Clinic.

    All of you have been blessed with a wonderful gift and talent - to heal and help the sick.

    Through all of this I have learned you need to say thank you today, do not wait for tomorrow. Appreciate life today.

    Thank you to you all.

    F VAN SITTERT from Strand writes:

    I would like to convey my sincerest thanks to Karen
    Wilson, the vet on duty, who attended to our call at 03:20 on the morning of Friday, August 23 after our cat was savaged outside our home by a pack of street dogs.

    My husband and I wrapped our dying pet in towels and raced with him from Suider Strand where we live, to the Cottage Veterinary Clinic in Somerset West in a desperate attempt to save his life, but he was dead on arrival.

    We were shocked and severely traumatised but although she did not know us, Dr Wilson treated us with utmost kindness and courtesy.

    We appreciate it that she handled Mac's battered body with the respect he deserved.

    Thanks also to our neighbour, Anna Erlich who intervened and endagered herself to save our cat from being torn apart by the dogs.

    LEONI HENN van die Strand skryf:
    Ek wil graag al my kinders bedank vir die wonderlike bydrae wat hulle gemaak het aan hul pa en oupa op sy 80ste verjaardag.

    Dawn, Erica en Samantha dankie vir die blomme, asook Leonardo en Ingrid vir die bamboes kershouers, besonderse lapservette en onderbaadjie versierings op die tafels (self gemaak).

    'n Spesiale dankie ook aan Charmain en Larna vir hul gasvryheid en aan die spysenier Jacomiena Sidney.

    Leonardo, dankie vir die pragtige woorde wat julle geuiter het oor jul pa, en Cheffy, dankie vir die besonderse koek. Die aand was baie suksesvol.

    Ek is baie lief vir julle almal.

    DANKBARE BELASTINGBETALER skryf:
    Die naweek se storms het baie skade aangerig en dit was verblydend om Maandagoggend die munisipale werkers oral te gewaar wat oorspoelde paaie skoonmaak, sand opruim, vee en sakke vol rommel verwyder. As ons nie die see so besoedel nie, sou baie van die rommel in die eerste plek nie kon uitspoel nie, maar dis lekker om te sien dat jou belastinggeld tog werk.

    Ook die afgelope tyd se paaie wat oral opgegrawe word om gebarste pype te vervang: mens voel soms asof alles om jou uitmekaar val, teerpaaie se slaggate net oorgesien word en stukkende mure net nie herstel word nie. Tog weet ons dat dit stelselmatig alles herstel word, soms net tydelik, maar dat iemand daaraan aandag gee.

    Baie dankie daarvoor, dis gerusstellend om trokke oral te sien met werkers wat herstel, verbeter en opgradeer.




    Back to top     Back to top

    © Tel. (021) 853-0211 Fax. (021) 853-0234

    2003 Somerset Press (Pty) Ltd on all information and photographs.