|
|
|
29/05/2008 03:14 PM - (SA)
Waar is kommunikasie?
 |
|
 |
Swak kommunikasie vanaf die stadsraad van die begin af oor die proses wat gevolg gaan word, het gemaak dat die meeste inwoners waarskynlik heeltemal onbewus daarvan was dat daar hoegenaamd so n proses aan die gang is. En dan moet mens onmiddelik sê al was daar n advertensie in n koerant, omdat dit wetlik verpligtend is, is nie genoeg vir n aangeleentheid met die grootskaalse finansiële gevolge van n proses soos hierdie nie.
Behalwe dat uit die beskikbare feite afgelei kan word dat daar baie vreemde waardasies plaasgevind het, en dat sommige eienaars tot 700 persent meer sal moet betaal, is daar ernstige vrae oor die wyse waarop die waardasies gedoen is en wie dit gedoen het. Die Herald het vroeër in die jaar navraag gedoen oor waar die proses staan, maar soos talle kere in die verlede kon geen antwoorde verkry word nie.
Of iemand in elk geval gevra het of nie, behoorlike proaktiewe kommunikasie van die stadsraad se kant af sou n hele klomp vrae wat tans bestaan, reeds lankal beantwoord het.
As dit so is dat die stadsraad die hele aangeleentheid weer gaan bekyk, behoort hulle dit hard en duidelik te kommunikeer in n medium wat gebruik en beskikbaar is. Veral een wat die gehoor bereik wat meestal deur die aangeleentheid geraak word.
 |
Na bo
|
© 2000 Carletonville Herald - alle regte voorbehou. |
|
 |