|
|
|
08/05/2008 11:09 AM - (SA)
Oud-joernalis vermis
Mnr. Adri Juyn het Saterdag omstreeks 11:00 op hul familieplaas sowat 1 kilometer vanaf die Schoemansdrif-brug aangedui dat hy n entjie gaan stap, maar hy het nooit teruggekeer nie. Die polisie het Sondag per voet en met behulp van perde, honde en n ligte vliegtuig na hom begin soek.
Die familie hoop dat Juyn, wat aan Alzheimers ly, dalk afgedwaal en hom dalk by vreemde mense bevind. Hulle voorsien egter ook die moontlikheid dat hy in die veld kon seerkry en nie kan beweeg nie. Die veld is baie digbegroei.
Juyn ken die plaas baie goed en is volgens sy dogter, Elsabe, is hy redelik fiks.
Juyn het ten tyde van sy verdwyning n kakiebroek, n ligbruin trui en geruite blou hemp gedra. Hy gebruik medikasie en sal waarskynlik weens die feit dat hy nie sy medikasie geneem het nie, sukkel om te praat.
Enigiemand wat inligting het kan mnr. Japie Brink (skoonseun) by 082-781-5982 of supt. Louis Jacobs 0828561731 skakel.
 |
Na bo
|
© 2000 Carletonville Herald - alle regte voorbehou. |
|
 |