Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
Error processing SSI file
 

Voorblad
Besigheidsindeks
Weer
Nuus
Rubrieke
Standpunt
Briewe
Edge
News24
Oordenking
Volgende week in Herald
Sport
Plaaslike Nuus
Misdaad
Mynnuus
 
Wie's Ons Soek Advertensies
  Aangebied deur:

08/05/2008 11:10 AM - (SA)
Wat sê Raad oor besoedeling


Die een het gehandel oor die Wonderfonteinspruit met die opskrif: “Dra maskers in Wonderfontein”. Dit blyk dat die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) mense gewaarsku het om weens die radioaktiewe besoedeling in die Wonderfonteinspruit maskers te dra wanneer hulle in die omgewing is. Dit kom na drie Kansa-verteenwoordigers siek geword het nadat hulle agter op ’n bakkie in dié omgewing gery het. Hulle het glo naar geword, ’n veluitslag gekry en van hulle het ook diarree gehad en hul oë het gebrand. Hulle was glo by mynhope. Kansa gaan ook met navorsing in die gebied begin. Die tweede berig het gehandel oor die beplande reuse slikdam naby Fochville. Onderhoude is met onder meer boere in die omgewing gevoer en dit dui sterk daarop dat die meeste mense weens die besoedelingsgevaar teen die bou van so ’n slikdam is. Beide sake is niks onbekend in Merafong nie. Oor beide is al heelwat geskryf en verskeie menings daaroor is al gegee. “Alles word nog ondersoek”, word gedurig gesê. Wat die slikdaam betref is die uitslag van die omgewingsimpakstudie nog nie bekend nie. Wat die spruit betref is daar dikwels antwoorde dat niks nog wetenskaplik bewys is nie. Wanneer gaan dié antwoorde kom? Die Merafong raad het wel hul kommer oor die slikdam uitgespreek, maar wat bekommer is dat die stadsraad hul nog weinig (indien enigsins) uitgespreek het oor die besoedeling van die Wonderfonteinspruit. Is dit omdat water uit die kraan nie uit dié spruit kom nie? Dit gaan tog om veel wyer as dit! Wat is die stadsraad se standpunt? Kan ons dit asseblief kry.




Back to top     Na bo

© 2000 Carletonville Herald - alle regte voorbehou.

 

  Vaalweekblad
Potchefstoom
Vaal