|
|
|
16/05/2008 09:39 AM - (SA)
Honderde stap vir pret
Magda Martins
 |
|
 |
Die kinders het met entoesiasme die 4 en 8 km-roetes aangepak, terwyl die meeste ouers maar moes uithaal om by te hou.
Verskeie skole het deelgeneem en Laerskool Dagbreek het met die meeste inskrywings gespog. Die brandweer het n groep van 54 deelnemers gehad en hulle het n pasiënt op n hospitaalbed gestoot.
Dit was n groot sukses. Die doel was om fondse vir Rotara in te samel, asook om die gemeenskap van gestremde mense bewus te maak, sê me. Marinda Robbertse, organiseerder.
Sy bedank die Harmony Striders (atletiekklub) vir hulle hulp. Veiligheid was n groot prioriteit en die lede van Quads against crime (QAC) het saam met die atlete gery, asook polisielede.
Die brandweerlede wat deelgeneem het, was op bystand vir enige krisis. Daar was ook n gekwalifiseerde verpleegsuster.
Die atlete wat eerste in hulle kategorieë gekom het, was André Pretorius, Petrie Robbertse, Simoné du Plessis, Cindy Naudé, Anéll Loots, Pule Sebolai, Solomon Masilo, Ingrid Pretorius, Molatodi Moletsane en Paul Tsotetsi.
Daar was groot pryse wat die oë laat blink het: van n etebewys, selfoon tot n vakansie.
 |
Na bo
|
© 2000 Carletonville Herald - alle regte voorbehou. |
|
 |