Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
 

Error processing SSI file
Home Page
Business Index
Weather
News
  • Local
  • Sport
  • Business
  • Campus
  • Municipality
  • Schools
  • Arts Diary
    Events Diary
    Gazette
  • News
  • Our community
  • Our youth
  • Sport
  • Entertainment
  • Motoring
    Entertainment
    Travel & Tourism
    Food & Wine
    Real Estate
    News24
    Letters
     
    About Us Search Advertising
      Brought to you by:

    16/05/2008 09:47 AM - (SA)
    US verwelkom nuwe kanselier


    DIT is vir die nuwe kanselier van die Universiteit Stellenbosch 'n "groot voorreg" om dié pos by sy alma mater te beklee.

    Dr. Frederik van Zyl Slabbert (68), oudpolitikus, politieke kommentator en akademikus, is Maandag deur die US se kieskollege as nuwe kanselier aangewys.

    Hy volg in die groot voetspore van prof. Elize Botha, eerste vroulike US-kanselier, wat einde verlede jaar oorlede is.

    Mnr. Ton Vosloo, nie-uitvoerende voorsitter van Naspers, was Van Zyl Slabbert se mededinger om die pos.

    Op besware dat die US om politiek korrekte redes nie 'n wit man tot kanselier moes verkies nie, het Van Slabbert aan Eikestadnuus gesê: "As julle my hele lewe en geskiedenis ken, sal julle weet dat ek nie een is wat deur rassistiese aanmerkings gehinder word nie. Dit is nie die kleur van die vel wat tel nie."

    Oor die gebruik van Afrikaans sê hy dat Suid-Afrika 11 amptelike tale het. "Daar is diegene wat begunstig word, Afrikaans én Engels, maar ander moet 'n hupstoot kry. Daar is baie mense wat net Afrikaans magtig is en nie wit is nie. Dit moet in ag geneem word."

    Hy sê hy het nie die behoefte om te veg om Stellenbosch net Afrikaans te kry nie. "Maar as jy kyk na die geskiedenis en die studente, is die meerderheid Afrikaans."

    'n Kieskollege, bestaande uit lede van die raad en van die uitvoerende komitee van die senaat, asook die president en visepresident van die konvokasie, het Slabbert tot kanselier gekies.

    Die meerderheid van die kieskollege moet vir die suksesvolle kandidaat stem.

    Die kanselier is die seremoniële hoof van die Universiteit en ken grade by gradeplegtighede toe. Die ampstermyn is vyf jaar en die posbekleër kan vir 'n tweede termyn gekies word.

    Van Zyl Slabbert loop reeds 'n lang pad met die US. Hy het die grade B.A., B.A. Hons., M.A. en D.Phil. hier verwerf. Hy is 'n eertydse dosent en was destyds die eerste inwonende hoof van Majuba-manskoshuis. In 2003 is hy aangestel as die voorsitter van 'n paneel wat koshuistradisies en kampuskultuur ondersoek het.

    Hy het ook by Rhodes Universiteit en die Universiteit van Kaapstad klas gegee en was van 1972 tot 1974 hoogleraar en hoof van die Departement So?siologie, Universiteit van die Witwatersrand.

    Van Zyl Slabbert het die Abe Bailey Travel Scholarship ontvang, asook die American Cultural Exchange Scholarship.

    Hy was 'n besoekende genoot aan die Massachusetts Institute of Technology (MIT) in November 1982 en is vyf jaar later gekies as die Tanner-dosent aan die Brasenose Kollege in Oxford. Hy is ook 'n genoot van die All Souls College, Oxford.

    Van Zyl Slabbert het eredoktorsgrade van die Simon Fraser Universiteit in Kanada, en van die Universiteite van KwaZulu-Natal en die Vrystaat ontvang.

    Prof. Russel Botman, US-rektor, sê in 'n verklaring Van Zyl Slabbert het "op verskeie terreine 'n bydrae gelewer tot gespreksvoering en die demokratiese prosesse in die land".




    Back to top     Back to top

    © 2000 Eikestadnuus/News - all rights reserved - alle regte voorbehou.