Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
 

Eikestad
Home Page
Business Index
Weather
News
  • Local
  • Sport
  • Business
  • Campus
  • Municipality
  • Schools
  • Arts Diary
    Events Diary
    Gazette
  • News
  • Our community
  • Our youth
  • Sport
  • Entertainment
  • Motoring
    Entertainment
    Travel & Tourism
    Food & Wine
    Real Estate
    News24
    Letters
     
    About Us Search Advertising
      Brought to you by:

    16/05/2008 09:46 AM - (SA)
    Kabeldiefstal lê sakewêreld lam


    "MEER koper word uit Kaapstad uitgevoer as enige ander hawe in die land. En die Kaap het nie ?n enkele kopermyn nie."

    Só meen die Kaapse Kamer van Koophandel.

    Dié probleem is egter allermins tot Kaapstad beperk. Op Stellenbosch gaan dit so erg dat subkontrakteure voltyds besig is om gesteelde telefoonkabels te vervang. Volgens 'n subkontrakteur wat anoniem wil bly, hou dié soort werk hulle daagliks besig. "Jeugdiges is in die meeste gevalle betrokke. Die geld wat hulle van gewetenlose skroothandelaars ontvang, word gewoonlik vir die aankoop van dwelms, veral tik, aangewend. Skroothandelaars betaal soveel as R75 per kilogram vir koperdraad van goeie gehalte."

    Mnr. Brian Grimbeek van die plaas Lindani op die Ou Helshoogtepad net buite Idasvallei, se foon was drie keer in drie weke buite werking as gevolg van kabeldiefstal. "Dis geweldig ontwrigtend. Ten spyte van Telkom se vinnige optrede, gaan daar elke keer 'n dag of wat verlore. Vir die drie ondernemings wat hul sake in hierdie gebied bedryf, beteken telefoononderbrekings groot geldverlies. Saterdagnag het die diewe meer as 100 m kabel van die pale verwyder," het Grimbeeck gesê.

    'n Woordvoerder van Telkom se misdaadeenheid in Kaapstad het die blaam vierkantig voor die deur van skroothandelaars gelê. "Hulle is veronderstel om afskrifte te maak van identiteitsdokumente van mense wat metaal na hulle bring, en dit te liasseer. Ten spyte van boetes van tussen R1 000 en R2 000 en die moontlike opskorting? van 'n handelslisensie, steur talle hulle nie aan voorskrifte nie."

    Inspekteur Bernard Adams van Cloetesville SAPD het die publiek aangemoedig om enige inligting oor kabeldiefstal aan die polisie oor te dra.

    "Uiteindelik is dit die publiek wat die ongerief moet verduur en die prys vir sulke misdade betaal," het hy gesê.




    Back to top     Back to top

    © 2000 Eikestadnuus/News - all rights reserved - alle regte voorbehou.