Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
 

Eikestad
Home Page
Business Index
Weather
News
  • Local
  • Sport
  • Business
  • Campus
  • Municipality
  • Schools
  • Arts Diary
    Events Diary
    Gazette
  • News
  • Our community
  • Our youth
  • Sport
  • Entertainment
  • Motoring
    Entertainment
    Travel & Tourism
    Food & Wine
    Real Estate
    News24
    Letters
     
    About Us Search Advertising
      Brought to you by:

    16/05/2008 10:13 AM - (SA)
    'n Storm in die leeukuil
    Peet van Aardt


    NA Saterdag se sopnat (en nie so seepgladde) sessie teen die Waratahs op Nuweland, is daar nou behoorlik druk op die Stormers se skouers.

    Môre se wedstryd teen die Leeus op Ellispark móét met 'n bonuspunt gewen word; anders is dit terug na rooiwyn in plaas van sjampanje vir die Kapenaars.

    En die stryd op Ellispark gaan 'n lippe-lek affêre wees, met veral drie potensiële groot kragte wat kop aan kop gaan kom.

    Die voorry is eerste aan die beurt.

    Die Stormers sukkel sonder JD Möller en Tiaan Liebenberg en hoewel Schalk Brits soos ?n wit blits in die losspel speel, is hy definitief nie die sterkste man in die skrum nie.

    Die groot stryd gaan deur Brian Mujati en die Leeus se Heinke van der Merwe gevoer word. Albei vertoon vanjaar goed en jy kan glo hulle slyp hul tande vir mekaar.

    En as Rassie Erasmus wél vir Ollie le Roux beveel om sy rugbystewels vir die wedstryd aan te trek, behoort die Stormers darem bietjie meer byt in hul skrumwerk te hê.

    Donderwolke gaan rondom die afbreekpunte vorm, met die Leeus se losvoorspelers wat tans beter lyk as dié van die Stormers.

    Luke Watson gaan teen die oud-Stormer Joe van Niekerk te staan kom in wat seker die grootste tweegeveg op die veld gaan wees. Albei speel goeie rugby hierdie seisoen, en albei het 'n ding of drie om aan hul kritici te bewys.

    Springboksenter Jaque Fourie se terugkeer het beslis 'n bietjie meer krag verleen aan die Leeus se agterlyn, wat dié seisoen soos verdwaalde welpies gelyk het. Jaque en Jean de Villiers behoort vir vuurwerke in die middelveld te sorg.

    Wat die res van die agterlyn betref, behoort die Stormers nie te veel probleme te hê om die noodsaaklike vier drieë in te ryg nie.

    Die vuurvreter skrumskakel, Ricky Januarie, en Conrad Jantjes sal ook na verwagting 'n paar dinge aan hul voormalige klub wil bewys. Jant?jes moet net leer reg skop, iets wat hy nie kon regkry teen die Waratahs nie.

    Op papier moet enige regdenkende sportliefhebber op die Kaapse agterlyn reken. Maar vir dié manne om te vertoon soos hulle kán, sal die groot gebrul by die voorspelers se goeie balbesit berus ? iets wat afwesig was in die Waratahs-wedstryd.




    Back to top     Back to top

    © 2000 Eikestadnuus/News - all rights reserved - alle regte voorbehou.