Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
 

Eikestad
Home Page
Business Index
Weather
News
  • Local
  • Sport
  • Business
  • Campus
  • Municipality
  • Schools
  • Arts Diary
    Events Diary
    Gazette
  • News
  • Our community
  • Our youth
  • Sport
  • Entertainment
  • Motoring
    Entertainment
    Travel & Tourism
    Food & Wine
    Real Estate
    News24
    Letters
     
    About Us Search Advertising
      Brought to you by:

    16/05/2008 10:13 AM - (SA)
    Plaaslike fietsryers presteer
    Candice Hartzenberg


    PLAASLIKE fietsryers het uitgeblink in vanjaar se Cape Argus Pick 'n Pay fietstoer.

    Fietsryers is verlede Donderdag vereer by 'n gala prysuitdeling te Nelson Mandela Gateway, Waterfront. Stellenbosse Leonardo van Onselenhet die elite mansafdeling gewen met ?n tyd van 2:40:01.

    Veteraan-fietsryer Linus van Onselen (55), wat vanjaar vir die 21ste keer die Argus-fietstoer agtereenvolgens onder drie uur voltooi het, het ook beïndruk deur sy ouderdomsgroep te wen in 'n tyd van 2:40:15

    Linus, deesdae mede- eie?naar van Flandria Fietse en Leonardo was ook deel van die span wat as algehele wenners in die manskompetisie aangewys is. Hier het hulle en nog twee fietsryers van Kaapstad dié afdeling ingepalm. Linus verduidelik: "Die tye van die drie vinnigste fietsryers in die span van vier word bymekaar getel om die wenspan te bepaal." Die gesament?like tyd van die span was vanjaar 'n nuwe rekord- tyd van 8:00:18.

    Die kompetisie vir gemengde spanne is in 'n tyd van 8:11:01 gewen deur die span wat bestaan het uit Linus, Leonardo, Annamarie (Linus se vrou) en Jennie Stenerhage van Switzerland. Jennie kom oefen vir drie maande van die jaar op Stellenbosch

    In die span-afdeling vir mans bo 50, het Linus en plaaslike prokureur Hennie van Rooyen die kompetisie saam met 2 ander fietsryers in 'n tyd van 8:12:10 gewen

    Die span van Flandria- fietse, bestaande uit Leonardo, Linus en Alwyn de Kock het groot applous ontvang toe hulle in die baie kompeterende kategorie vir spanne in die fiets-bedryf as algehele wenners aangewys is in 'n tyd van 8:10;55.

    Die broers Alexander en Patrick Milner, wat geborg word deur Flandria, het ?n opskudding veroorsaak deur derde te eindig in die tandem-kompetisie met 'n blitstyd van 2:38:20.




    Back to top     Back to top

    © 2000 Eikestadnuus/News - all rights reserved - alle regte voorbehou.