16 -18 Mei: Voluit vir Jesus- kamp vir vroue te Wortelgat, Stanford. Koste: R300 per persoon (verblyf en etes ingesluit). Besprekings: Annelize: 082 338 1496.
17 Mei: Stellenbosch Varsgoedmark: 09:00-14:00 te Bosman?s Crossing (agter Oude Libertas). Vars, gesonde kosse, gebak en gebrou. Navrae: 072 922 9311.
17 Mei: Organic Farmer?s Market at Stellenbosch Waldorf School: 08:00 - 12:00. Alfresco foods, fresh produce, country breakfast. Enquiries: 084 8500 347.
17 Mei: Stellenbosch Voetslaanklub: Swartkop na Smitwinkelbaai. Navrae: Erica: 021 788 7977.
17 - 18 Mei: Bergklub van SA, Stellenbosch: Zeebasbosch-werksnaweek: Verwydering van indringer-spesies. Vertrek 07:00 vanaf Elektriese Ingenieursgebou. Navrae: 021 685 5428.
18 Mei - 1 Jun.: New Generation World Changers: Tentdiens-reeks: ?A Call to Praise the Lord? langs Idasvallei Biblioteek.19:30. Vervoer vanaf Cloetesville, Navrae: 021 887 8475.
20 Mei: Stellenbosch Studie- en Besprekingsgroep vergader by die NG Kerksentrum, Stellenbosch-Sentraal, Uniepark: Lesing 17:00 tot 18:00 (bespreking tot 18:30). Spreker: Prof. Servaas van der Berg, Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, US, oor ?Die verband tussen ekonomiese groei en die gehalte van skoolonderwys in Suid-Afrika?. Navrae: 021 886 5741.
20 Mei: Stellenbosch Blommeklub vergader in die NG Kerksaal Stellenbosch-Wes: 09:30 vir 10:00. Demonstrasies deur Marieke Smit: ?Van Pampoen tot Perlemoen?. R20 vir besoekers. Navrae: 021 886 5367 .
20 Mei: Alkoholiste Anoniem ontmoet by Lesinglokaal, Stellenbosch Hospitaal: 20:15. Navrae: 084 2933 967.
20 Mei: Stellenbosch Brugklub: Kontrakbrug in Pleinstraat-biblioteeksaal: 19:15. Navrae: 082 840 7022.
20 May: New Mums Support Group meets at Stellenbosch Medi-Clinic Room B6. ?Coping with crying?. Mothers with babies 0 - 4 months wel?come. Cost: R50. Enquiries: 084 781 0219.
22 May: Dementia SA?s support group meets at Medi-Clinic Stellenbosch: 15:00. ?The challenges of this condition while providing counselling & support. Enquiries:Dementia SA, 021 421 0077.
22 Mei: Alkoholiste Anoniem ontmoet by die NG Kerk Stellenbosch-Sentraal, Martinsonstraat: 20:15. Navrae: 084 2933 967.
23 Mei: Laerskool Rietenbosch hou Kermis. Verskeidenheid stalletjies: Braaivleis, warm mielies, toffie-appels, gemmerbier, en ander lekkernye. 16:00 tot laat. Navrae: 021 889 5518.
23 - 24 Mei: Hoërskool Lückhoff hou Karnaval. Pret en plesier vir oud en jonk: ?Live Band?, Mallemeule, ?Fun walk?, groot verskeidenheid stalletjies. Meer besonderhede by Ashraf Patel: 093 3909 757.
25 Mei: Cloetesville SAPD Vroue-netwerk: Gospelaand aan in die skoolsaal, Laerskool Rietenbosch: 18:00. Mense wat wil optree, moet teen 20 Mei om 16:00 inskryf by die Cloetesville SAPD. Kaartjies: R5. Navrae: Insp. Lubbe, kapt. Adams of konst. Mothibi, 021 888 5955.
26 Mei: Studietrust-byeenkoms: Hofmeyrsaal: 17:30 vir 18:00: aanbiedings. Navrae: Santie Grosskopf: 021/887-2741 of by www.studietrust.co.za.