Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
 

Error processing SSI file
Home Page
Business Index
Weather
News
  • Local
  • Sport
  • Business
  • Campus
  • Municipality
  • Schools
  • Arts Diary
    Events Diary
    Gazette
  • News
  • Our community
  • Our youth
  • Sport
  • Entertainment
  • Motoring
    Entertainment
    Travel & Tourism
    Food & Wine
    Real Estate
    News24
    Letters
     
    About Us Search Advertising
      Brought to you by:

    09/05/2008 10:45 AM - (SA)
    Gebrekkige diens ontstel


    Ongelukkige Ongelisensieerde, Stellenbosch, skryf:

    Graag wil ek my misnoeë uitspreek teenoor die Stellenbosch Verkeersdepartement. Ek het op Dinsdag, 29 April om 10:00 daar opgedaag om 'n afspraak te maak vir 'n bestuurderslisensie en het eers om 14:30 daar uitgestap. Dit is onaanvaarbaar dat enigiemand vier en 'n half uur moet wag om iets so eenvoudigs te doen.

    Die situasie is vererger deur die feit dat daar slegs een kassier aan diens was. Die ry vir betalings het tot teenaan die heining buite die gebou gestrek. Ek reken egter dat die enkele kassier hom beter van sy taak gekwyt het as die twee mense wat die oogtoetse en vingerafdrukke geneem het, aangesien ons slegs twee en 'n half uur vir die kassier moes wag, maar 'n volle twee uur vir een van die twee mense wat die oogtoetse gedoen het. Dit maak tog nie sin nie?

    Om sake te vererger, het een van die verkeersbeamptes (ek weet ongelukkig nie wat sy naam is nie) ons oor die vingers kom tik omdat ons durf kla het oor die belaglike situasie. Ek kon my ore skaars glo toe hy ons begin aanvat oor die feit dat ons onder mekaar kla oor die swak diens. Hy was vreeslik ontsteld dat ons sy kollegas durf beledig. Volgens hom was daar slegs een kassier aangesien een bedank het en 'n ander met kraamverlof was (asof dit 'n aanvaarbare verskoning vir substandaard-diens is). Hy het dit ook duidelik gestel dat, indien ons nie tevrede was met die diens daar nie, ons maar na 'n ander verkeersdepartement kon gaan. Toe ek sê dat die meeste ander verkeersdepartemente weier om mense van ander distrikte te aanvaar, wou hy my nie glo nie, want 'ons vat dan mense van Somerset-Wes'.

    Ek het al self verskeie verkeersdepartemente gebel, net om ingelig te word dat ek nie daar aansoek kon doen nie indien ek nie in hul distrik val nie. Selfs al was dit die geval, kan ek nie sien hoekom ek verontrief moet word omdat my plaaslike departement nie hul taak behoorlik kan verrig nie.

    Nie net was die man dus oningelig nie, maar ook uiters ongeskik en die begrip 'kliëntediens' was duidelik nie deel van sy woordeskat nie.

    Ek nooi die hoof van die Stellenbosch Verkeersdepartement uit om op dié brief te reageer.

    Mnr. Richard Bosman, direkteur: Gemeenskapsveiligheid, antwoord: Op die huidige oomblik het ons wel 'n tekort aan personeel weens die feit dat poste by die verkeersdepartment sogenaamd bevries is. Ek wil álbei die vakante poste vul: die een van die personeellid wat bedank het, sowel as die ander wat met kraamverlof is.

    Hopelik kry ek toestemming om dit vandag nog te doen. Ek is juis besig om 'n motivering in dié verband aan ons munisipale bestuurder te rig.

    Met verwysing na die personeellid wat skynbaar onbeskof opgetree het, wil ek net sê dat dit 'n jammerte is, want ons personeel weet van beter. Ek sal dit waardeer as ek die naam van die persoon kan kry sodat ek dit kan opvolg.

    Weens die onlangse sluiting van die kantore in Somerset-Wes, wat in die jurisdiksie van Kaapstad val, word ons tans oorval deur mense wat aansoek doen om leerling- en bestuurderslisensies, sowel as vir die omskakeling van die kaarttipe-lisensies. Die personeeltekort help nie juis nie, maar word hopelik binnekort opgelos.

    Ons vra om verskoning vir enige ongerief wat die skrywer en ander mag ervaar het.




    Back to top     Back to top

    © 2000 Eikestadnuus/News - all rights reserved - alle regte voorbehou.