Piet du Plessis, Stellenbosch, skryf:
EK wil graag dankie sê aan die Stellenbosse Polisie vir hul vriendelikheid en hulpvaardigheid op 31 Maart, die vervaldatum vir aansoek om herregistrasie vir vuurwapenlisensies vir 2008.
Baie van ons het tot op die laaste dag gewag en moes gevolglik in lang rye op dié warm dag wag ? iets wat geduld nie juis bevorder nie. Nogtans het die Polisie voorsiening gemaak vir 'n lokaal waar ons lekker kon sit en wag, gesels en TV Sport kyk. Later het hulle boonop bykomende geriewe beskikbaar gestel. Met die nagaan van die aansoekvorms was hulle ewe hulpvaardig, geduldig en vriendelik. Aan kapt. Davids, wat my gehelp het: baie dankie! Met so 'n diens?ingesteldheid gaan ons nog ver kom.