Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
 

Error processing SSI file
Home Page
Business Index
Weather
News
  • Local
  • Sport
  • Business
  • Campus
  • Municipality
  • Schools
  • Arts Diary
    Events Diary
    Gazette
  • News
  • Our community
  • Our youth
  • Sport
  • Entertainment
  • Motoring
    Entertainment
    Travel & Tourism
    Food & Wine
    Real Estate
    News24
    Letters
     
    About Us Search Advertising
      Brought to you by:

    09/05/2008 10:44 AM - (SA)
    Die 'Dal' is Coke-mal!


    HO?SKOOL Cloetesville was die trots van Stellenbosch toe hulle onlangs die Coca Cola Nasionale Sokkertoernooi teen Harmony Akademie wen.

    Met sy oorwinning op 3 Mei in Klerksdorp, het die span van Hoër?skool Cloetesville die rekordboeke herskryf en die eerste Stellenbosse span geword wat dié gesogte titel agter sy naam kan skryf. Die gunsteling, Harmony Akademie (wenners van dié toernooi in 2004), het sy rieme in die finaal styfgeloop teen 'n begeesterde Cloetesville-span.

    Cloetesville het vroeër vir die toernooi gekwalifiseer toe hy as kampioen van beide Stellenbosch-Boland en die Wes-Kaap bekroon is.

    Die pad na die Coca Cola Na?sio?nale Sokker-toernooi was egter geen opdraende stryd vir die Cloetesvillers nie. Hulle het al hul toetse met lof geslaag. In die Boland finaal, wat op 17 Maart gehou is, het hulle met Diazville van die Weskus afgereken. Dié wedstryd het hulle oortuigend gewen deur die span met 7-0 te vermorsel.

    In die Wes-Kaapse finaal, wat op 25 Maart gehou is, het die Stellenbossers eers teen Indwe te staan gekom, met wie hulle 6-0 afgereken het. Daarna was Sinethema hul volgende slagoffers en is dié span, die vorige nasionale kampioene, met 2-0 afgeransel.

    Die Coca Cola-toernooi het vanaf 1 tot 3 Mei in Klerksdorp plaasgevind. Al nege provinsies se kampioene het hieraan deelgeneem.

    In die kwarteindronde het Cloetesville die skool van Mpumalanga (Lihawu) met 3-0 van die veld geblaas. In die halfeindstryd was dit Umsobomvu se beurt: dié Oos-Kapenaars was met 2-1 aan die verloorkant.

    Die tafel was toe gedek vir 'n droomfinaal teen Harmony Akademie.

    In dié stryd was dit maak of breek vir die Stellenbossers. In gietende reën het Harmony die voortou geneem in die eerste helfte ná 'n blaps van die Stellenbossers se doelwagter.

    Cloetesville het egter na rustyd totale beheer van die wedstryd geneem. Allan Smith het in die 15de minuut ná rustyd Cloetesville se eerste doel aangeteken. Aanvallende spel deur Cloetesville het Harmony gedwing om op verdediging staat te maak, wat die wedstryd in strafskoptyd gedwing het.

    Ná 'n senutergende strafskopstryd het Jonathan Xolani Sishuba die Cloetesvillers laat seëvier.

    Chris Joubert, afrigter van die seëvierende Cloetesville-span, sê: ?Dié oorwinning het die kroon gespan op jare se harde werk. Die spelers verdien dit, want vakansies is opgeoffer om sukses te behaal.

    ?Niemand sal na dese weer vra wie Cloetesville is en waar hulle vandaan kom nie.?




    Back to top     Back to top

    © 2000 Eikestadnuus/News - all rights reserved - alle regte voorbehou.