TygerBurger is een van die oudste en grootste tuiskoerante in die land met 'n leserstal van
295 000.
Teen die einde van die sewentigerjare het die redaksie van Die Burger weekliks 'n spesiale
blad in die koerant afgestaan aan plaaslike nuus uit die noordelike voorstede van die Kaap.
Teen 1983 het hierdie poging so sterk ontwikkel dat 'n behoefte aan 'n tweetalige
gemeenskapskoerant bevredig moes word wat nie net plaaslike nuus aan die mense van die
noordelike woongebiede nie, maar aan adverteerders ook 'n diens gebied het om hulle ware en
dienste onder die aandag te bring van die mense met wie hulle direk sake doen.
As maatskappy van statuur wat altyd 'n oog oophou vir waarneming van die jongste
internasionale joernalistiektendense, het Nasionale Pers se bestuur aan die begin van die
tagtigerjare besef koerantmaatskappye oral in die Westerse we"reld kan goeie sake doen deur
sterk te fokus op die plaaslike nuusZ en advertensietoneel. Gratis koerante, of sogenaamde
'knock 'n drops' het in verskeie Europese lande asook in Brittanje en Amerika vinnig veld
gewen. Die naam wat gegee is aan 'n bepaalde publikasie het van land tot land en van
omgewing tot omgewing verskil. (Malan, M R, Die ontstaan en ontwikkeling van
tuiskoerante tot 1986/87 met spesifieke verwysing na TygerBurger, Proefskrif vir die
Magistergraad in Joernalistiek aan die Universiteit van Stellenbosch, 1989.)
Die twee lande waar hulle wel met argwaan bejee?n was, was Duitsland en Frankryk waar
die groot, gevestigde 'betaalkoerante' sterk kapsie gemaak het teen hierdie nuwe vorm van
die joernalistiek.
Groot koerante elders, ook die? in SuidZAfrika, se besture het egter vinnig gesien dat daar
groot sakemoontlikhede steek in 'n skerper fokus op die plaaslike toneel. Die vier groot
Nasperskoerante, Die Burger, Beeld, Volksblad en die toenmalige Oosterlig het almal dus
'kuikens' geskep wat weekliks geproduseer is en waarvan beide redaksionele inhoud en
advertensies gefokus was op die plaaslike gemeenskapstoneel. TygerBurger was Naspers se
'kuiken' vir die noordelike voorstede.
Aanvanklik was daar net twee uitgawes van die koerant, nl. 'n OosZuitgawe (gekonsentreer
op die huidige Oostenberg) en 'n WesZuitgawe vir die res van die woongebiede in die
Tygerberg.
Tans word ses uitgawes weekliks gepubliseer ten einde so ver as wat enigsins moontlik is, te
konsentreer op plaaslike nuus en advertensies. Die naam van die gebied waarop gefokus word,
staan net onder die mashoof of naam van die koerant. Indien 'n nuusgebeurtenis egter na die
mening van die redaksie groter blootstelling verg as net 'n bepaalde area, word berigte daaroor
soms ook in al ses uitgawes geplaas.
Die koerant word gratis by 131 530 adresse in die noordelike stadsgebiede afgelewer. Dit is
ook die enigste tuiskoerant wat tegelykertyd ses verskillende uitgawes in die verskillende
streke uitbring. Die areas strek van Pinelands en Milnerton tot by Kraaifontein, Kuilsrivier,
Melkbosstrand en Duynefontein met Goodwood, Parow, Bellville, Brackenfell en Durbanville
tussenin.
Dit beteken dat plaaslike nuus eksklusief in elke streekuitgawe verskyn en adverteerders kan
kies in hoeveel van die ses streke hulle wil adverteer.
TygerBurger was aanvanklik 'n bylae wat op Vrydae saam met Die Burger verskyn het. Op
24 Augustus 1983 het dit die eerste keer as selfstandige, tweetalige poniekoerant verskyn. In
1993 toe TygerBurger sy tiende verjaardag gevier het, het hy die G.M.C. Cronwright trofee
gewen.
Streekkoerante met 'n sirkulasie van meer as 5`000 ding landwyd om die? trofee mee wat
deur die Provinsiale Persvereniging toegeken word. Die beoordeling is ten opsigte van
nuuswaarde en taalgebruik, tipografie en uitleg, foto's, drukwerk en advertensies.
Marlene van Houwelingen, 'n redaksielid, het in 1998, 1999 en 2002 by Sanlam se nasionale
toekenningsgeleenthede vir die gemeenskapspers Puik presteer in die afdeling menslike nuus.
Sy het ook gepresteer in die afdeling Joernalis van die Jaar.
As gemeenskapskoerant is TygerBurger voortdurend betrokke by gemeenskapsprojekte. Hy
het onder meer in 1996 in samewerking met Ou Mutual met Projek Help begin. Die?projek is
aangepak om geld in te samel vir opheffingswerk in die gemeenskap. In die eerste jaar is
R105`000 ingesamel. Die projek gaan steeds voort.
In 2002 het TygerBurger, sy stalmaat MetroBurger en Sanlam saamgespan om geld in te
samel vir die Tygerbergse Hospice. Sowat R120 000 is uiteindelik oorbetaal.
Die koerant het ook al toekennings ontvang vir sy gemeenskapsbetrokkenheid van
organisasies soos die Tygerbergse Kamer van Handel en Nywerheid en die Kankervereniging
van SuidZAfrika.
TygerBurger het ook sy eie webwerf op die Internet wat elke Woensdag aangepas word met
daardie week se belangrikste nuus uit die bedieningsgebied.
Die Burger bedryf reeds jare lank 'n streekkantoor in die Tygerberg. Die eerste redakteur van
TygerBurger, Tinie Botha en sy span is met die stigting van die nuwe koerant hier tuisgemaak.
Botha is later opgevolg deur John Relihan. Daarna het agtereenvolgens Ludwig Visser, Barend
Venter en Abrie van Zyl oorgeneem. Laasgenoemde is tans nog redakteur.
Aanvanklik is as't ware twee afsonderlike redaksies in die Tygerbergse kantoor gehuisves.
Een was verantwoordelik vir daaglikse nuusverskaffing aan Die Burger en die ander het net
aan materiaal vir TygerBurger gewerk. Teen 1993 is besef dat die? opset tot onnodige
duplisering lei en is die redaksies saamgevoeg tot die huidige een waarvan joernaliste berigte
lewer vir beide Die Burger en TygerBurger.
Redaksielede, sowel as advertensieverteenwoordigers en sirkulasieamptenare deel tans die
kantoorgeriewe in die NobelparkZgebou in Ou Paarlweg. Tot en met April 2001 was die
kantoor in die RegkamZgebou op die hoek van Voortrekkerweg en Kortstraat in Bellville. 'n
Behoefte aan meer ruimte het toe 'n trek na die nuwe kantore genoodsaak.
Bestuurder / Manager
WP Koerante / WP Newspapers
Russel Wolmarans
Tel: 021 917 7401
E-mail: / E-pos: rwolmarans@wpkoerante.co.za
Redakteur / Editor
Mossie Burger
Tel: 021 917 7422
Fax: / Faks: 021 946 1971
E-mail / E-pos: mburger@tygerburger.co.za
Marita Meyer
Deputy Editor / Adjunkredakteur
Tel: 021 917 7420
Fax / Faks: 021 946 1971
E-mail / E-pos: mmeyer@tygerburger.co.za
Sales Manager / Verkoopbestuurder
Garth Hewitt
Tel: 021 917 7431
Cell: 084 400 4757
Fax: 086 636 1475
E-mail: ghewitt@tygerburger.co.za