Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
Error processing SSI file
 

Weer
Aktueel
Sport
Vermaak
Artikels
Menings
  • Resepte
  • Kommentaar
  • Briewe
  • Rubrieke
  • Dagboek
    Motors
    Eiendomme
    News24
    Die Burger
    Argief
    MetroBurger
    Sakenuus
     
    Wie's Ons Soek Advertensies
      Aangebied deur:

    02/07/2008 12:26 PM - (SA)
    Huis Jabes ’n veilige toevlugsoord
    ESME ERASMUS


    VROUE en kinders wat die slagoffers is van gesinsgeweld, kan nou hul toevlug neem tot ’n veilige huis wat deur die Durbanville Sakekamer in ’n nuwe projek daargestel is.

    Huis Jabes is die eerste projek van die SOS Trust, ’n nie-winsgewende organisasie wat onlangs deur die Durbanville Sakekamer gestig is as deel van sy betrokkenheid by gemeenskapsontwikkeling.

    Die SOS Trust is die inisiatief van mnr. Sydney Saayman en me. Adri Klindt, bestuurslede van die Durbanville Sakekamer, wat albei ook as trustees dien.

    Klindt, ’n eiendomsmakelaar van Durbanville, en Saayman, die gemeentebestuurder van die NG kerk Bergsig in Durbanville – waarvan Klindt ook ’n lidmaat is – het saam gedien op ’n uitreikkomitee by die kerk.

    “Dit was altyd vir ons ’n passie om gemeenskapsdiens te doen en hierdie huis is die vervulling van ’n Goddelike roeping,” het sy gesê.

    Hoewel Huis Jabes eers gister sou open, was daar reeds ’n waglys en het dit reeds Sondag sy deure geopen.

    Die huis, wat 12 volwassenes en sowat 4 kinders kan akkommodeer, is reeds vol, waarvan meeste vroue uit gegoede gebiede in Durbanville en omgewing.

    Volgens Klindt lui statistieke dat twee uit elke vyf vroue slagoffers is van gesinsgeweld, hetsy deur fisieke of emosionele mishandeling.

    “In tye van ekonomiese swaarkry soos wat ons nou ondervind, is dit selfs erger.

    ‘‘Ook in gegoede woonbuurte,” het sy gesê.

    “Dit word stil gehou in gegoede gebiede. Vroue is te bang of te skaam om daaroor te praat.

    “Teen die tyd wat sy besluit om hulp te soek, is dit dikwels reeds te laat, soos in gevalle waar vroue al doodgeskiet is,” het sy gesê.

    Toe die SOS Trust onlangs geld van die Kaapse stadsraad en van ander skenkers ontvang het, is die wiele aan die rol gesit om ’n huis te bekom en dit te meubileer.

    Die huis, waarvan die ligging vertroulik is om slagoffers te beskerm, is sentraal tot die woongebiede Durbanville, Brackenfell en Bellville.

    Dit is genoem na die Bybelfiguur Jabes wat in 1 Kronieke 4 in die Bybel bid vir voorspoed.

    Slagoffers sal tussen drie en vyf maande daar gehuisves word en ook ’n bydrae maak tot die koste van hul verblyf.

    Volgens Klindt sal vroue met opname deur ’n maatskaplike werker geëvalueer word.

    In gevalle waar daar nog hoop is, sal huweliksberading aangebied word.

    Vroue sal ook gehelp word om werk te kry en met berading deur professionele persone gehelp word om op die been te kom.

    Dié toevlugsoord vir slagoffers van gesinsgeweld is die eerste projek van die SOS Trust.

    Die doel van die SOS Trust is om ’n fonds daar te stel vir projekte soos armoedeverligting, welsyn, opvoeding, gesondheid, gemeenskapsopheffing, die bestryding van gesinsgeweld en dwelm- en/of alkoholverslawing.

    “Met die stigting van die SOS Trust wil die Durbanville Sake?kamer wys dat die sakegemeenskap nie net in ’n vakuum sake doen nie, maar uitreik na ’n breër gemeenskap, waarsonder ons nie kan sake doen nie,” het mnr. Riaan de Lange, voorsitter van die Durbanville Sakekamer, gesê.

    Mense wat wil bydra tot die SOS Trust, kan geld inbetaal by SOS Trust, Absa, tjekrekeningnommer 4070981810 (takkode 334810).

    Bel vir mnr. Riaan de Lange by 082 466 7073, vir Saayman by 083 519 5187 of vir Klindt by 083 564 3313 met navrae.




    Back to top     Na bo

    © 2001 TygerBurger - alle regte voorbehou.