Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
Error processing SSI file
 

Weer
Aktueel
Sport
Vermaak
Artikels
Menings
  • Resepte
  • Kommentaar
  • Briewe
  • Rubrieke
  • Dagboek
    Motors
    Eiendomme
    News24
    Die Burger
    Argief
    MetroBurger
    Sakenuus
     
    Wie's Ons Soek Advertensies
      Aangebied deur:

    02/07/2008 12:25 PM - (SA)
    Supermark gesloop
    MARILIZE HANSEN


    DIE eens gewilde Save More Supermarket in Belhar is verlede week tot op die grond afgebreek. Die gebou het vir vir ’n geruime tyd leeggestaan, waartydens dit só besteel en verniel is, dat dit bykans net nodig was om die orige bakstene te verwyder.

    Kapt. Arnold Roux van die Belhar-polisie het gesê hy skryf die vandalisme van dié winkel in Haarlemstraat toe aan werkloosheid. Die winkel is besteel van die kragdrade, geisers, al die vensters en deure is uitgehaal, die roldeure is afgesteel, die dak is uitgebreek en al die plaveisel aan die voorkant van die winkel is weggedra.

    “Dié wat hierdie goedere nie by hul eie huise kon gebruik nie, het dit moontlik verkoop om geld te genereer vir dwelms. Die skrootmateriaal word ingegee om mense se dwelmgewoontes te onderhou,” het Roux gesê.

    Roux het gesê dat verskeie persone vroeër in die jaar vasgetrek is met gesteelde eiendom van dié perseel en dat die eienaar net nooit na vore gekom het nie.

    Die eienaar het egter op 17 Junie vanjaar ’n saak gemaak van kwaadwillige beskadiging van eiendom en het ’n eis van R1 miljoen vir die skade aan die perseel ingedien. Sy het glo die skade aan xenophobie toegeskryf.

    Roux het gesê dat die oorspronklike eienaar blykbaar oorlede is en dat die gebou glo aan sy vrou bemaak is wat vir ’n tyd oorsee vertoef het.

    Die raadslid, mnr. Desmond Jaftha, het gesê dat hy ongeveer ’n maand gelede opgemerk het dat die winkel erg gevandaliseer is. Hy het ongeveer ’n week gesoek voor hy die eienaar, net bekend as me. Ahmed, opgespoor het.

    “Ek het vir haar gesê die situasie is gevaarlik, die middelmuur van die gebou sou op die buurvrou se huis val. Ek het versoek dat sy óf die plek stroop óf dit verkoop. Sy het nou mense gestuur om dit te stroop en soek nou ’n koper vir die grond,” het Jaftha gesê.

    Jaftha het gesê dat die winkel omtrent vir die afgelope 15 jaar bestaan het, en dat die eienaar dit aan Somaliërs verhuur het. Die winkel het glo sedert verlede jaar toegestaan.

    Matroosberg Primêr, die skool wat reg langs die winkel geleë is, loop ook erg deur onder vandalisme. “Inbrake is byna ’n daaglikse aangeleentheid van die begin van dié jaar af,” het ’n opvoeder, mnr. Devlin Phillipus gesê.

    Die maandelikse skade beloop tussen en R20 000 en R30 000, en volgens Phillipus word die veiligheidshekke ook die afgelope twee weke afgekap.

    In van die klasse is die elektriese bedrading heeltemal gestroop en kan daar eers klas gegee word vanaf na eerste pouse, aangesien die klasse stikdonker is vroegoggend.

    “Die WKOD sê daar is nie geld vir herstelwerk nie, en die skoolfondse kom swaar in omdat dit ekonomies moeilik is vir die ouers,” het Phillipus gesê.

    “Die ouers moet eienaarskap neem, hierdie inbrake is grootliks dwelmverwant. Dit is nie kinders nie, maar volwassenes wat kom inbreek met hul gereedskap,” het hy gesê.

    By navraag aan inwoners in die omgewing, wou niemand praat oor of hulle enigsins saans sien wie besig is met hierdie misdrywe, en hoe te werk gegaan word nie. ’n Vrou het net laat deurskemer dat die inwoners swyg uit vrees en geïntimideer voel deur die oortreders.




    Back to top     Na bo

    © 2001 TygerBurger - alle regte voorbehou.