Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
Error processing SSI file
 

Weer
Aktueel
Sport
Vermaak
Artikels
Menings
  • Resepte
  • Kommentaar
  • Briewe
  • Rubrieke
  • Dagboek
    Motors
    Eiendomme
    News24
    Die Burger
    Argief
    MetroBurger
    Sakenuus
     
    Wie's Ons Soek Advertensies
      Aangebied deur:

    23/07/2008 01:00 PM - (SA)
    Waardeer goeie kuns


    DAT mense in ons verligte tyd steeds geen onderskeid kan maak tussen die kuns en estetika van ’n Dawid-beeld en vulgêre naaktheid nie, gaan my verstand te bowe (TygerBurger, 16 Julie).

    Die reaksie van ontstoke De Tijger-inwoners, wat van sienswyse is dat die naakte Dawid sedebederwend is, en boonop aanstoot gee aan kerkgangers, is eintlik lagwekkend. As dit nie so pateties was nie.

    Dis veelseggend dat hierdie kommentaar afkomstig is uit ’n voorstad wat met ’n hoë inkomstegroep en ’n gekultiveerde gemeenskap vereenselwig word.

    Het enigeen van dié sedebewakers al besoek gebring aan die Akademie in Florence, waar die oorspronklike Dawid in al sy naaktheid pryk? En dit in ’n saal waar hoe?vele naaktonele op Renaissance-skilderye ten toon gestel word. As hulle wel daar was, wonder ek of hulle die rug daarop gedraai en dit nie bewonder het nie. En, as hulle wel gekyk het, het dit hul gedagtes so besoedel dat hulle ná die tyd nie kans gesien het om ook die gewydheid van die ou stadskatedraal te gaan beleef nie?

    Mense soos hierdie behoort hul kinders eerder aan te moedig om goeie kunswerke, met naaktonele en al, te bewonder as om op die internet met vulgêre naaktheid te doen te kry wanneer die ouers nie tuis is nie.




    Back to top     Na bo

    © 2001 TygerBurger - alle regte voorbehou.