Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
Error processing SSI file
 

Weer
Aktueel
Sport
Vermaak
Artikels
Menings
  • Resepte
  • Kommentaar
  • Briewe
  • Rubrieke
  • Dagboek
    Motors
    Eiendomme
    News24
    Die Burger
    Argief
    MetroBurger
    Sakenuus
     
    Wie's Ons Soek Advertensies
      Aangebied deur:

    23/07/2008 01:00 PM - (SA)
    Dink voor jy doen
    GEORGE RAUCH


    MATIGHEID is nie skadelik nie en selfbeheersing nooit tot jou nadeel nie. Soberheid in denke en optrede bring positiewe uitkomste en ’n gebalanseerde lewenswyse.

    Die Afrikaanse skrywer C.J. Langenhoven het gesê: “As jy nie wil inhou nie moet jy naderhand uithou; en as jy nie kan aanhou met teëhou nie, moet jy maar tevrede wees om op te hou met byhou.” Sulke lewenswaarhede is kosbare juwele op ons lewensreis wat dikwels vol versoekings en uitdraaipaaie is.

    Sensasionele berigte oor die vreemde goed wat mense doen en oorkom vul daagliks ons nuus. Ons reageer dikwels met gedagtes soos “ek doen darem nie dit nie” en “solank dit my net nie oorkom nie”, totdat ons skielik self daarmee gekonfronteer word.

    Ons kom elkeen van tyd tot tyd te staan kom voor onbeplande uitdagings en ongevraagde versoekings.

    Dit is dan dat dit ons baat om te onthou wat die Woord van die Here sê: “Hou kommer uit jou hart en vermy wat jou liggaam kan kwaad doen” (Pred. 11:10). En ook 1 Petrus 1:5+6: “...julle (moet) alles in die stryd werp om julle geloof te verryk met deugsaamheid, die deugsaamheid met kennis, die kennis met selfbeheersing, die selfbeheersing met volharding, die volharding met godsvrug ...” Dink voor jy doen, en moenie aanhou met iets wat jy weet skadelik is nie.

    (Die skrywer bedien by Northern Cross Fellowship – 083 280 0294)




    Back to top     Na bo

    © 2001 TygerBurger - alle regte voorbehou.